Vermeende bedrieër vasgetrek in Limpopo

Loading player...
‘n 40-jarige man verskyn vandag in die Bosbokrand-hof op klagte dat hy werklose jeugdiges uit sowat 610-duisend-Rand bedrieg het.
Hy is gister in Lephalale, Limpopo, aangekeer. Hy het glo in ruil vir kontant aan meer as 75 mense plekke beloof by die opleidingskollege vir verpleërs in Mpumalanga.
Volgens die Valke het hy homself voorgedoen as ‘n beampte van die gesondheidsdepartement.
Twee vroue wie hy aangestel het om die voornemende verpleërs te werf, is in Mei verlede jaar aangekeer. Hulle kom weer op 31 Maart voor.
23 Feb 2022 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min