Atletiek-skouspel wag Saterdag by Interhoër

Loading player...
Hoërskool Nelspruit is Saterdag die trotse gasheer van die 72ste BUCO Laeveld Vriendskaplike Interhoër.
Atlete van Penryn, Lowveld High, Hoërskool Barberton, Hoërskool Lydenburg, Hoërskool Bergvlam en Hoërskool Rob Ferreira sal sake op die baan en veld uitspook.
Bywoning is beperk word tot 2 000 mense, en die skoolhoofde het besluit om leerlinge die geleentheid te gee om dit by te woon.
Ouers en die publiek sal die aksie darem om SuperSport Schools kan volg.
NHS se hoof, Johan Hattingh, sê dit is 'n groot eer om die byeenkoms aan te kan bied en hy verwag skouspelagtige atletiek.
22 Feb 2022 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min