Pediatric Care se fietstoer vorder goed

Loading player...
Pediatric Care Africa se “Ride for a Child”-inisiatief vorder goed.
Die motorfietsryers het Sondag uit Witrivier vertrek op die 7-duisend-kilometer rit. Dit is om geld in te samel om mediese sorg aan behoeftige kinders te kan voorsien.
Dokter André Hattingh sê hulle het vanoggend die sowat 780 kilometer Alexanderbaai toe aangedurf, nadat hulle gister in Upington aangekom het.
Hulle het nog nie teëspoed opgetel nie en het reeds sowat 2-duisend-kilometer afgelê.
Verskeie ander motorfietsryers het by hulle aangesluit.
Hulle sal ook die naweek op SABC-nuus verskyn.
18 Feb 2022 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min