Pumas vang gees voor katgeveg in Mbombela

Loading player...
Die Pumas speel Saterdag by Mbombela-stadion gasheer vir die Cheetahs in hul Curriebeker-kragmeting.
As jy nog nie jou pienk ondersteunerstrui het nie, maak Vrydagmiddag ‘n draai by die piazza voor Doppio Zero by i'langa Mall.
Nie net hou die spelers vanaf 3-uur af ‘n ontmoet-en-groet met die publiek nie, daar sal vanaf 2-uur ‘n stalletjie wees met Pumas-handelsware.
Hulle gaan die oggend vanaf kwart oor 11 ook worsbroodjies by The Grove braai.
Marius van Rensburg, uitvoerende hoof van die Pumas, sê die publiek moet regstaan vir ‘n verrassing by I’langa Mall - kyk uit vir afrigter Jimmy Stonehouse en ‘n kamera.
17 Feb 2022 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min