Barberton DBV sluit na 36 jaar sy deure

Loading player...
Die Barberton DBV sal na 36 jaar aan die einde van hierdie maand hul deure sluit.
Hulle sê in ‘n verklaring hulle ly reeds ‘n maandelikse verlies en moet van perseel verander, maar het bloot nie die finansies om die verlangde omheining, dienste en hokke by ‘n nuwe perseel op te rig nie.
Hulle sal vanaf 23 Februarie nie meer enige dienste lewer nie.
Enige gevalle van mishandeling kan van dan aan die Nelspruit DBV gerapporteer word by 013-753 3582.
11 Feb 2022 2AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min