Vermeende rowers in Masoyi vasgetrek

Loading player...
Twee mans is gister gearresteer nadat hulle na bewering onderwysers by twee laerskole in Masoyi beroof het.
Volgens polisiewoordvoerder brigadier Selvy Mohlala het twee mans hulself Maandag as ouers voorgedoen om tot Mdumseni Primary toegang te verkry.
Hulle het toe die onderwysers in die personeelkamer aangehou en van selfone, skootrekenaars en kontant beroof.
Woensdag het dieselfde by Khulani Primary gebeur. Die polisie het inligting bekom en die twee in besit van een van die selfone gevind.
10 Feb 2022 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min