Man kry lewenslank vir moord in Dullstroom

Loading player...
'n Man wat in 2019 verskeie misdade in Dullstroom gepleeg het, is gister effektief tot lewenslange tronkstraf gevonnis deur die Mpumalanga Hooggeregshof in Middelburg.
Die 32-jarige Moses Maseko het op 19 Februarie 2019, ‘n vrou doodgesteek in haar hut in Dullstroom.
Op pad polisiestasie toe vir ondervraging, het hy die polisiebeampte van sy wapen beroof en gevlug.
Hy het by ‘n huis ingebreek, waar hy deur die inwoners ontdek is en die polisie is ontbied.
Maseko het homself toe geskiet, maar het intussen herstel.
Hy is later ook gekoppel aan die roof van ‘n sakeman in Dullstroom.
Brigadier Selvy Mohlala:
2 Feb 2022 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min