Man skiet glo meisie dood en vlug

Loading player...
Die polisie ondersoek 'n moord en poging tot moord na 'n man sy meisie Saterdagaand buite 'n kuierplek in Standerton doodgeskiet het.
Volgens Brigadier Selvy Mohlala het hulle stry gekry voor hy haar geskiet het.
Haar broer het probeer om tussenbeide te tree en is ook in sy onderlyf geskiet.
Die verdagte het te voet gevlug en sy voertuig op die toneel gelos.
Die gewonde man het sy suster hospitaal toe geneem, maar sy is met haar aankoms dood. Die broer is later ontslaan.
Die polisie glo ene Jan Mofokeng kan hulle help met hul ondersoek en die publiek is gevra om speur-sersant Oupa Radebe met inligting te kontak by 063-445-7885.
1 Feb 2022 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min