VF Plus verkla Mpumalanga by Openbare beskermer

Loading player...
Die VF Plus beplan om ʼn klag by die openbare beskermer in te dien oor meer as 300-miljoen-Rand wat die afgelope 10 jaar aan twee projekte in Mpumalanga spandeer is – wat blykbaar nie bestaan nie.
Die provinsiale departement van kultuur, sport en ontspanning het die geld vir die twee erwe, wat bedoel is vir ‘n kulturele sentrum in Witrivier en hoë-prestasie sentrum in eMakhazeni glo bestee aan die grond, argitek- en ingenieursdienste en vatbaarheidstudies.
Die party se Werner Weber sê egter die departement kan nie bewyse daarvan kry nie, en ondersoek die saak self.
1 Dec 2021 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min