VF Plus sê ANC wys sy ware kleure deur aan betogers in Middelburg se eise toe te gee

Loading player...
Die VF Plus in Mpumalanga het die ANC veroordeel dat hulle aan die eise van stakende munisipale amptenare van Steve Tshwete-munisipaliteit toegegee het.
Volgens Werner Weber het hulle die afgelope weke die dorp in 'n rommelhoop verander.
Die stakende werkers wat op 12 November afgedank is, is met onmiddellike effek heraangestel en hul salarisse opwaarts aangepas.
Die munisipaliteit sal ook van ʼn Vlak 4-munisipaliteit tot Vlak 5 opgradeer word, wat Weber sê hulle nie kan befonds nie.
18 Nov 2021 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min