Man vas wat glo polisiebeampte in Barberton vermoor

Loading player...
‘n 42-jarige verdagte sal vandag in die Barberton-hof verskyn op twee klagte van moord.
Hy word aangekla dat hy Speurder Nkosinathi Lucky Ngwenya en sy vriend, Jaftha Mnisi, op 17 Oktober by Zanni Tavern in Barberton doodgeskiet het.
Ngwenya was aan die speurtak in Nelspruit verbonde en was ten tyde van die voorval van diens af.
Volgens Kaptein Dineo Sekgotodi van die Valke is die verdagte Dinsdag gearresteer in samewerking met die provinsiale opsporingspan, Barberton-speurders en blitspatrollie.
17 Nov 2021 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min