VF Plus verwelkom hofuitspraak oor mynbou in Wakkerstroom-bewaarings-gebied

Loading player...
Die VF Plus het die Grondwethof se uitspraak Maandag verwelkom dat die mynboureus, Atha Africa Ventures, nie met mynboubedrywighede in Wakkerstroom mag begin voordat alle uitstaande hofsake en -aansoeke teen hom afgehandel is nie.
Die maatskappy poog al vir ses jaar om steenkool in die waterryke Mabola-bewaargebied te ontgin, maar word deur agt bewaringsorganisies teengestaan.
Provinsiale partyleier, Werner Weber, sê Mpumalanga is heel bo aan die lys vir steenkoolmynmaatskappye wat nie aan watergebruiklisensies voldoen nie.
17 Nov 2021 2AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min