Agt vas vir bedrog by Lebombo-grenspos

Loading player...
Agt verdagtes sal na verwagting vandag in die hof in Komatipoort verskyn op klagte van bedrog en korrupsie.
Drie is Vrydag aangekeer en nog drie gister. Valke-woordvoerder, kaptein Dineo Sekgotodi, sê nog twee verdagtes sal hulself vandag aan die owerhede oorhanding.
Sy sê die intelligensie-gedrewe operasie na immigrasie-beamptes by Lebombo-grenspos het in Desember 2019 afgeskop.
Hulle het glo tydelike werks- en verblyfpermitte uitgereik. Hulle het na bewering ook omkoopgeld aanvaar om onwettige immigrante van Mosambiek, Eswatini, Zimbabwe en Malawi se paspoorte te stempel om hul verblyf in Suid-Afrika te verleng.
Minsiter van binnelandse sake, Aaron Motswaledi, het die uitvoer van die eerste lasbriewe Vrydag bygewoon.
Hy het sy versekering gegee dat dit tekenend is van hul vasberadenheid om korrupsie in die departement uit te roei.
15 Nov 2021 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min