Verdagte vas na vroeg-oggend jaagtog

Loading player...
‘n Verdagte is aangekeer en een is voortvlugtig na ‘n jaagtog wat uitgeloop het op ‘n skietery by Crossing-sentrum vanoggend.
Albert Gryvenstein van Bossies Community Justice sê hy het inligting bekom oor ‘n Oranje VW Polo wat in die vroeë oggend-ure in Ermelo gesteel is.
Sekuriteitsbeamptes van BCJ en Hi-Tech Sekuriteit het reageer en die verdagtes vanaf Barberton tot by Crossing agternagesit waar die skietgeveg uitgebreek het.
Niemand is beseer nie. Een verdagte kon vlug. 'n Vuurwapen is ook teruggekry
10 Nov 2021 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min