Mpumalanga premier trek haar kruisie

Loading player...
Die premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het 'n beroep op alle geregistreerde kiesers in Mpumalanga gedoen om vandag in die plaaslike regeringsverkiesing te gaan stem.
Sy het haar kruisie by die Witbank Gholfklub in Emalahleni getrek.
Dit is die sesde plaaslike regeringsverkiesing sedert 1994. Stemlokale sluit vanaand om nege-uur.
Mtshweni-Tsipane het stemgeregtigdes aangemoedig om kandidate te verkies wat hul aspirasies verteenwoordig in Mpumalanga se 20 munisipaliteite.
1 Nov 2021 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min