Buitengewoon goeie reënseisoen vir die Laeveld voorspel

Loading player...
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê hulle verwag ‘n buitengewone goeie reënseisoen in die Laeveld tot ten minste Desember.
Volgens weervoorspeller Kholofelo Mahlangu sal dit die res van week meestal warm wees, maar reën kan Vrydagmiddag en Saterdag verwag word. Teen Dinsdag behoort dit op te klaar.
Saam met die bogemiddelde reën word daar ook verwag dat die minimum-temperature warmer as gewoonlik sal wees.
27 Oct 2021 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min