Wetgewer stem in om Barberton-rioolkrisis te ondersoek

Loading player...
‘n Mosie waarin die VF Plus die Mpumalanga-wetgewer vra om die skokkende toestand van Barberton se rioolsuiweringsaanleg te ondersoek, is tydens 'n sitting sonder teenkanting aanvaar.
Die party het na klagtes van boere wat aangrensend aan die rioolsuiweringsaanleg boer, gevind dat riool vanuit die rioolsuiweringaanleg in ʼn sytak van die Suidkaaprivier gepomp word waar dit direk in plaasdamme vloei.
Volgens Werner Weber is die rioolsuiweringsaanleg sedert 2020 buite werking en hou dit 'n omgewings- en gesondheidsgevaar in.
8 Sep 2021 10AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min