Elvis Blue hou vanaand in jou huis konsert

Loading player...
Elvis Blue gaan die Laeveld vanaand vermaak tydens die sesde en laaste aflewering van die In Jou Huis-konsertreeks.
Dit word aangebied in samewerking met Innibos, kykNet en Radio Laeveld.
Bywoning na die optrede is slegs op uitnodiging, maar almal kan die vertoning regstreeks op hul radio luister.
Elvis sê hy sien baie daarna uit, veral omdat daar so min geleentheid daarvoor was die afgelope 18 maande.
Skakel om sewe-uur in op 100.5FM, om regstreeks na sy vertoning te luister.
4 Sep 2021 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min