Swanger vrou se liggaam in rivier naby Kanyamazane gevind

Loading player...
Die liggaam van ‘n swanger vrou is Sondag in die Krokodilrivier naby Kanyamazane gevind. Volgens die polisie het sy skietwonde gehad.
Sy is nog nie geïdentifiseer nie. Sy word geskat as in haar 30's, het kort blonde hare en het ‘n pienk broek en maroen T-hemp aangehad.
Die gemeenskap is gevra om na vore te kom met enige inligting. Kontak die ondersoekbeampte by 082-469-1604 of die takbevelvoerder by 082-469-1542. Alle inligting sal as vertroulik hanteer word.
Kolonel Donald Mdhlulil:
25 Aug 2021 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min