Kommer oor lede op Mega en MTPA se nuwe direksies

Loading player...
Die DA het hul kommer uitgespreek oor drie lede op die nuwe direksies wat gister vir die Mpumalanga Ekonomiese Groei-Agentskap en Mpumalanga Toerisme- en Parke-Agentskap aangekondig is.
Dina Pule en Salome Sithole sal vir die volgende vier jaar die onder-voorsitters van onderskeidelik Mega en die MTPA wees. Pule is in 2013 as minister afgedank, en Sithole in 2015 as eMalahleni se burgemeester.
Bosman Grobler sê hulle is ook bekommmerd dat Jabulani Mahlangu op Mega se direksie is. Hy was van 2004 tot 2011 ‘n LUR en hulle is besorg dat sy ervaring prosesse kan ondermyn.
18 Aug 2021 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min