Paartjie gevonnis wat hulself as onderwysers voordoen

Loading player...
Hlobisile Lindokuhle Mthembu en Bongisipho Robert Mthembu is tot ses jaar tronkstraf, opgeskort vir vyf jaar, gevonnis nadat hulle hulself as onderwysers voorgedoen het.
Volgens die Valke is hulle Maandag skuldig bevind en gevonnis in die hof vir gespesialiseerde kommersiële misdaad in Nelspruit vir meer as ‘n miljoen-Rand se bedrog.
Hlobisile is in 2007 aangestel by Maphala Gulube Primary na sy vervalste kwalifikasies aan die departement voorgelê het.
Drie jaar later het haar man dieselfde gedoen voor hy later na ‘n ander skool oorgeplaas is.
Die paartjie het in 2016 bedank na hulle nie hul oorspronklike kwalifikasies kon verskaf nie. Hulle is in Augustus 2018 gearresteer.
Elkeen het die departement sowat 584-duisend-Rand gekos.
18 Aug 2021 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min