Eskort storievertel kompetisie

Loading player...
Eskort Nelspruit en Radio Laeveld nooi alle voorskoolse en laerskoolkinders uit om te help om 'n storie te vertel. Dit het begin met: “Eendag lank, lank gelede…” Nina Kemp (9) vertel wat volgende gebeur, en jy moet nou die storie verder vertel. Luister na die stemnota wat aangeheg is en stuur jou stertjie wat jy aan wil las per stemnota aan Sanett na 061-496-4323. Luister ook elke dag om 07:00 op 100.5FM hoe die storie vorder.
11 Aug 2021 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min