Curro-leerder skryf universiteitsbeurs los

Loading player...
Lize van Eeden, ‘n graad 12-leerling aan Curro Nelspruit, het ‘n vyfde plek verower in die nasionale Engels-Olimpiade se eksamen vir Eerste Addisionele Taal.
Meer as 4 400 leerlinge uit 243 skole het ingeskryf. Dit het haar 'n beurs besorg om volgende jaar by Rhodes Universiteit te studeer.
Sy sê sy was baie verras om so goed te vaar, en hoewel sy goed doen in Engels, is dit nie haar beste vak nie.
Sy beoog om aktuariële wetenskap of finansiële risikobestuur te gaan studeer en dalk die beurs van die hand te wys.
4 Aug 2021 9AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min