Arrie en Renaldia Henn groet die Nellies vandag

Loading player...
Na 35 jaar in die onderwys tree Arrie en Rénaldia Henn vandag af.
Arrie is reeds 22 jaar die hoof by Laerskool Nelspruit en Rénaldia vir 21 jaar by Nellie Miere-kleuterskool.
Hulle sê dit was 'n ongelooflike voorreg om 'n deel te kon wees van soveel kinders se lewens.
Volgens Arrie het Laerskool Nelspruit nog baie potensiaal om te ontgin, en sal die bestuurspan, ouers en onderwysers verseker dit gedy.
30 Jul 2021 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min