Mpumalanga se oudste onderwyser sterf op 100

Loading player...
Die onderwysdepartement het die dood betreur van Nonsikelelo Qwelane wat op die ouderdom van 100 oorlede is.
Sy was vir 79 jaar 'n onderwyser, en het die Presidensiële Orde van die Baobab in brons ontvang vir haar bydrae tot onderwys.
Sy is in die Oos-Kaap gebore en het daar, in die Wes-Kaap, Gauteng en Mpumalanga skoolgehou.
Na haar aftrede het sy by private skole onderwys gegee - onlangs by die Metropolitan International College in Witrivier.
Sy sal Donderdag in Witrivier begrawe word.
Gerald Sambo het meer:
27 Jul 2021 10AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min