Malalane se watertoevoer herstel

Loading player...
Daar is lig aan die einde van die waterpyp vir inwoners van Malalane, wat die afgelope twee dae water-tekorte ervaar.
Volgens raadslid Mariette Preddy is die dorp se reservoirs tans amper weer vol genoeg om water aan inwoners te kan voorsien.
Sy sê Nkomazi-munisipaliteit doen hul bes om watertoevoer te herstel.
‘n Addisionele pomp word gebruik om ekstra water te onttrek.
Nkomazi-munisipaliteit waarsku mense kan aanvanklik sukkel met lug in hul waterpype en bruin water, wat normaal is.
5 Jul 2021 11AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min