Kommentaar oor Pepuda nog net tot Woensdag

Loading player...
Die voorgestelde wysigings aan die Wet op die Bevordering van Gelykheid en die Voorkoming van Onbillike Diskriminasie (Pepuda) loop deur onder fel kritiek.
Linda Grimbeek, bedryfshoof van die KLCBT, sê mense hoef voortaan nie meer met opset teen ander te diskrimineer om skuldig daaraan te wees nie.
Sy is ook besorgd dat die voorgestelde wet jou skuldig beskou aan diskriminasie tot jy onskuldig bewys word.
Kommentaar op die voorstel is net tot Woensdag oop. Sy het die publiek aangemoedig deel te neem.
28 Jun 2021 9AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min