Drie vas vir R2 miljoen se bedrog

Loading player...
Drie mense het gister in die Nelspruit-landdroshof verskyn nadat hulle na bewering sowat 2-miljoen-Rand van Crown National gesteel het.
Roland Smit en sy vrou Alice Smit is dieselfde dag saam met Michael Harris deur die Valke aangekeer vir korrupsie, bedrog en diefstal.
Volgens kaptein Dineo Sekgotodi het Roland Smit en Harris in 2018 as bestuurders by Crown National in Mbombela gewerk.
Hulle het teen maatskappy-beleid vervoerdienste uitgekontrakteer en van die geld vir hulself geneem.
26 Jun 2021 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min