Pumas vol vertroue voor eerste weg-wedstryd

Loading player...
Die New Nation Pumas is vol selfvertroue na hulle verlede week die Leeus laat les opsê het in hul eerste Curriebeker-kragmeting van die jaar.
Die Laevelders was boonop die wenners van hul laaste kragmeting met die Vodacom Bulls in Januarie.
Die Bulls soek egter hul eerste wen van die toernooi, en verskeie spelers wat verlede naweek aan die Reënboogbeker-finaal deelgeneem het, is terug in aksie.
Die wedstryd skop vanaand om 19:00 af. Bly ingeskakel op 100.5FM om deurgaans op hoogte te bly van die telling.
Hulpafrigter Corné Steenkamp sê hulle sien uit na hul eerste weg-wedstryd.
25 Jun 2021 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min