Onderwyspersoneel vanaf môre geënt

Loading player...
Mpumalanga se LUR'e vir onderwys en gesondheid sal môre saam die provinsie se inentingsprogram vir onderwyspersoneel in Kanyamazane bekendstel.
Dumisani Malamule sê besonderhede oor hoe alle personeel ingeënt gaan word, sal dan bekendgemaak word.
Die 100-duisend-merk vir inentings in die provinsie is Vrydag verbygesteek.
Daar is tans 582 aktiewe gevalle van die virus in die Mbombela-area. Vyf mense is die afgelope week hier aan die koronavirus dood.
22 Jun 2021 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min