Pumas skop Curriebeker af met omvattende wen teen Leeus

Loading player...
Die New Nation Pumas het gisteraand die Leeus met 39-10 gewen by Mbombela-stadion in hul eerste kragmeting van die 2021 Curriebeker.
Sibusiso Sangweni het die besoekers se enigste drie aangeteken.
Die pienktruie kon in die eerste helfte twee driee aanteken om teen rustyd 18-10 voor te loop.
Ettiene Taljaard, Simon Westraadt, Willie Engelbrecht, Dewald Maritz en Ginter Smuts het agter die doellyn gaan kuier.
Afrigter Jimmy Stonehouse sê loskop stut Corné Fourie se kruisligamente is af en hy sal uit wees vir die res van die seisoen.
19 Jun 2021 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min