Lizard Rock vanoggend beroof

Loading player...
Lizard Rock in die Uitkyk-omgewing is op soortgelyke wyse vanoggend aangeval.
John Meintjies van ACS Sekuriteit sê dit het om ongeveer agt-uur gebeur. ‘n Groep van vyf of ses verdagtes het die eienaar vasgebind en klein items, soos selfone, uit die kroeg en sy naburige huis gesteel.
Albert Gryvenstein van Bossies Community Justice het bevestig dat een van hulle ‘n polisie-reflekteerbaadjie aangehad het.
Meintjies sê hulle het met hul eie wit Toyota enkelkajuit-bakkie sonder nommerplate gevlug.
17 Jun 2021 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min