Pumas stel wedstryd teen Cheetahs af weens Covid

Loading player...
Die New Nation Pumas het hul opwarmingswedstryd Vrydag teen die Cheetahs afgestel, weens kommer oor Covid-gevalle.
Dít na die afrigter van die Oostelike Provinsie en elf van sy spelers positief getoets het.
Mpumalanga Rugby se uitvoerende hoof, Marius van Rensburg, sê aangesien die Cheetahs verlede naweek teen die OP slaags was, die Pumas nie die risiko wou neem nie om self die virus op te kan doen nie. Hy voeg by dit is jammer om nie ‘n laaste vriendskaplike wedstryd te kan speel voor die Curriebeker op 18 Junie afskop nie.
9 Jun 2021 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min