
Op ’n Lyntjie
Lyntjie Jaars !horo met verskilmakers uit Namakwaland. Luister na die stories van dominees en dansonderwysers, radio-omroepers en storievertellers, ekonome en entrepreneurs – elkeen met ’n unieke “lyntjie” wat terugloop na hul Namakwalandse wortels. Hierdie reeks is ’n ode aan die krag van gemeenskap, identiteit en hoop.