Radio Pulpit Verhoudingsdinge met Deon en Karin

Verhoudingsdinge met Deon en Karin

Deon en Karin du Toit staan aan die hoof van Huweliksfokus, ‘n interkerklike bediening met die visie om huwelike te belyn met God se plan. Hulle passie en oortuiging is dat elke huwelik gered kan word en dat elke gesin gesonde, gelukkige verhoudings kan hê.

Huweliksfokus bied 'n diepgaande ondersoek na die verhoudings waarin ons as Christene leef. Die Bybel dien as ons kompas, en dit wys ons hoe om meer soos Jesus te word. Die ware maatstaf van ons geloof is hoe ons in verhouding tot mekaar staan.
Weekly English South Africa Christianity · Kids & Family
73 Episodes
1 – 20

Hoe beskerm jy jou huwelik

Ons gee praktiese raad om in plek te hou. Daaglikse keuses is nodig om jou verbond te beskerm en as nalatingskap vir die volgende generasie te gee.
8 Dec 1 hr 28 min

Getting of the treadmill - let grace set your pace

Jy kan op 'n loopband wees, op pad nêrens heen nie. Luister hoe die beginsel van "genade" jou geestelike loopband kan wees om jou na 'n plek van vrede en rus te lei. Deon & Karin kuier weer lekker saam met Pastoor René Changuion van God's Workshop.
8 Sep 1 hr 21 min

Praat is baie meer as net praat

Dit is die een area waar verhoudinge die meerste seer ervaar. Deon & Karin begin hierdie week 'n nuwe reeks waar hulle bietjie meer indiepte gaan gesels oor hierdie onderwerp. Hierdie is toerusting wat jou lewe kan verander.
1 Sep 1 hr 26 min

Sweef drama & Kommunikasie

dr.Celia van den Berg kom gesels oor die wonderlike voordele wanneer kinders drama en kommunikasie klasse bywooon. Sy maak jou opgewonde oor die voorsprong wat sulke kinders het. Daarna gesels ons oor verskillende ouerskapstyle en die effek daarvan op kinders.
25 Aug 1 hr 22 min

Deon & Karin gesels met Tania van Zyl

'n Storie wat jou hart ruk! Een persoon wat deur so baie moes gaan, wat nogtans elke oggend wakker word met hoop vir 'n mooi toekoms! Wat baie dae moedig veg teen die emosies van moedeloosheid en teleurgestelling. Luister ook na: Dr. Arnold Mol se inset: The sufferings of Jesus
4 Aug 1 hr 26 min

Beweeg van oorleef na oorvloed

In vandag se episode van Verhoudingsdinge gesels Deon en Karin met Past. Rene Changuion oor die tema: beweeg van oorleef na oorvloed. Arnold Mol gee sy lering oor: The Sufferings of Jesus #3
21 Jul 1 hr 24 min
1 – 20