KLETS

Van politiek tot polimiek, en van nuwe perspektiewe tot aweregse menings – Colene en Matthys laat niks ongesê nie. Saam met kundiges en ander lekker en interesante mense pak hulle die onderwerpe aan wat ons wêreld vorm.

Elke Woensdag iets nuuts. Kom KLETS Saam!

Word deel van die gesprekke wat jou laat dink en dalk selfs jou wêreldbeskouing verander
Weekly Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary
217 Episodes
180 – 200

269 voorlaaiers in Vryheid

Matthys gesels met die historikus en voorsitter van Erfenis Potchefstroom, Johan Wolfaardt, oor die nuutste vonds van 269 voorlaaiers wat in Vryheid, KZN onlangs gevind is. ‘n Groep "geskiedkundiges” genaamd die Vryheid History Diggers, het onlangs met hul metaalverklikkers voorlaaiers opgegrawe wat vermoedelik deur Engelse soldate van die Zoeloes afgeneem…
30 May 2023 29 min

Moenie vir die Druggies meer geld gee nie!

Dis Maandag en die span "beklets" verlede week se nuusgebeure. Elon kan nou iets in jou brein inplant, die onderwêreld van waterverkope, Amerika kort geld om rekeninge te betaal en Rusland is steeds besig met die Oekraïne.
29 May 2023 24 min

Die Jol, die Blom en die Advertensie!

Dis Vrydag en die span KLETS met Tanya Michelle oor waar is die JOL in Suid-Afrika. Ons val met die deur in die huis oor die Budweiser advertensie en hoekom advertensies so "woke", lomp en oninteressant geraak het. Suid-Afrikaners verteenwoordig en wen eerste prys by die Chelsea-skou in Londen, Engeland…
26 May 2023 26 min

Verbeel jou as Suid-Afrikaners kan saamstaan

Die span KLETS oor die interest rate verhoging, die koningin van Rock en haar songs wat sinoniem is Mej. Suid-Afrika in die 80's, die R77m van tax geld wat gebruik word vir Qedani Mahlangu se regskostes en die feit dat Suid-Afrikaners nie kwaad genoeg is nie en ook nie bereid…
25 May 2023 21 min

Afrika - die Moeder kontinent?

Afrika kry soms die bynaam "Moeder kontinent" omdat dit die oudste bewoonde kontinent op aarde is volgens navorsing. Die span KLETS vandag saam François Conradie, 'n politieke ekonoom verbonde aan Oxford Economics Africa. François spesialiseer in landrisiko in Afrika rakende; politiek, konflik, staatsfinansies, belegging, beleid en handel. Ons vind uit…
24 May 2023 25 min

Wat de vloekwoord?!

Die span KLETS met Gerhard van Huyssteen, 'n Professor van Afrikaans en Nederlandse Taalkunde verbonde aan die Noordwes-Universiteit, oor vloek, vloek woorde en die navorsingstudie wat hul tans mee besig is. Gerhard ontgin Coléne en Matthys se vloekmeter en watter woorde is taboe. Luister gerus na "Wat de vloekwoord?!" op…
23 May 2023 42 min

Vraatsug en Tee

Sondagkoerante wat vol van dieselfde vraatsug. Johanna maak tee vir Daveyton se mense. Wat kan ons leer by die oop hand? Moet ons meer na ons onmiddellike gemeenskappe kyk om die wa deur die drif te trek? Of dalk het ons te ver in demokrasie verval en kort weer 'n…
22 May 2023 24 min

Jammer Tannie!

Coléne het 'n boodskap ontvang wat melding maak oor hoeveel sy vloek, dalk is dit dieselfde Tannie wat vir Anita se man uit die CEO posisie van KWF gekry het. Die NCOP se chair weet nie of dit is notice of 'n motion of dalk nie 'n motion is nie…
19 May 2023 24 min

Wie polish die drol?

Die span het vasgeloop in 'n drol. Wie is die drol in die drink water en wie polish en dans om die drol? Gordan was voor SCOPA en klink of hy diep seergemaak is deur Andre de Ruyter. Harry en Megan jaag vir 2 ure rond in NYC om foto’s…
18 May 2023 22 min

Wat is ons regte as inboorlinge van Suid-Afrika

Die span KLETS saam Louise du Plessis, 'n prokureur by Lawyers for Human Rights, oor die mense en hul regte. Ons "beklets" die "Trolley Pushers" in ons stede en vind uit hoe werk die beweging van die groep mense. Verder leer ons ook die reg tot eiendom besit.
17 May 2023 22 min

Het Suid-Afrika by die Ram vir 'n Rus program aangesluit?

Suid-Afrika is dieper in die bed met Rusland as wat ons vermoed. Dalk het Suid-Afrika by die "Ram vir 'n Rus" TV program aangesluit. Die krokodilboer, Rooies Strauss, dryf outisme uit mense en vermoed daar is baie meer homoseksuele mense by kunstefeeste. Andre de Ruyter se boek maak steeds opslae…
16 May 2023 20 min

Die regering staan agter die deur.

Dis dag 134 van 2023. Die span "beklets" verlede week se nuusgebeure en Coléne het 3 temas gevind in die nuus. Andre de Ruyter se boek, Truth to Power: My Three Years Inside Eskom, is nou beskikbaar en die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het 994 vakante poste en baie minder budget…
15 May 2023 26 min

Die Rand het nie 'n Parachute nie!

Ons KLETS saam Andre Cilliers, 'n valuta-strateeg, van TreasuryONE oor die rand wat tuimel sonder 'n parachute. Hy deel met ons wat was die aanloop tot die verknorsing en waarheen kan die Rand dalk nog tuimel. Ons verlang terug na ons trip in die US 'n paar jaar gelede toe…
12 May 2023 31 min

Wierook, Mirre en Beurtkrag

Blaas loadshedding soms jou kersie dood? Die span KLETS vandag saam Gielie Hoffmann oor die effek van beurkrag op ons psige en hoe dit ons elke dag beïnvloed. Gielie gee praktiese wenke oor hoe om kop bo water te hou. Verder gesels ons oor "Onse Cyril" en 2024 verkiesings vooruitsigte.
11 May 2023 31 min

Wat maak mens met R 700 000.00 salaris per dag?

Kan geld geluk koop? Van die CEO's in die mynwese verdien R 700 000.00 per dag, is dit binne almal se bereik om soveel geld per dag te verdien? Wat is die prys wat jy moet betaal vir 'n vet bankrekening per maand?
10 May 2023 21 min

Wat koop jy vir jou Ma op Moedersdag? Of is geskenke geld mors?

Moedersdag is om die draai en Matthys is useless met geskenke. Moet mense jou bel op jou verjaarsdag en lang geselsies aanknoop, en wat is die etiket as dit kom by 'n oproep mis op jou verjaarsdag? Stuur vir ons jou Moedersdag geskenk idees na klets@afrikaans.radio. En luister uit vir…
9 May 2023 21 min

Die worsie en breëboontjies van die nuwe Koning.

Die Kletsers praat bietjie Vrydag nonsens. Matthys hou regtig nie van Charlie nie. Brittanje is in twee geskeur oor die nuwe koning. Van hul hou duidelik van worsies en breëboontjies. Kan jy dink hoe gaan London ruik oor ‘n paar uur. En ongetroud hou jou gelukkig, wel volgens Tannie Amore.
5 May 2023 23 min

Die Stingel van Stres

Die span KLETS vandag oor Stres. Is dit so deel van ons lewe dat ons nie eens meer agterkom dat ons stres nie? 'n Studie bewys dan vroue meer stres as mans. Ons gesels met Greta van Rensburg oor die nuwe reeks "siel" waar jy meditasies wat nie indringend of…
4 May 2023 19 min

Voedselinflasie knyp Suid-Afrikaners

Die span KLETS saam Dr. Hester Vermeulen van Die Buro van Voedels- en Landboubeleid (BFAP) oor die stygende voedselpryse en wat die prys van kos beïnvloed. Dr. Vermeulen deel 'n paar wenke oor hoe om die inflasie en pryse te beheer in jou kosmandjie.
3 May 2023 32 min
180 – 200