JacPod Mevrou Mevrou

Mevrou Mevrou

Dis hier waar jy jou ore kan uitleen aan twee internasionaal bekroonde Mevrouens se alledaagse lewens - ‘n dosis hardop lag, lang trane huil, vra vir genade, pleit vir geduld. Elke dag se dinge op ‘n skinkbord en nee, nie met tee nie. Hierdie Mevrouens doen nie tee en toebroodjies nie. Maar dan is Gerda de Sousa en Dianne Broodryk nou ook nie alledaags nie. Hulle is maal twee. Mevrou Mevrou is deur die Africa Podcast and Voice Artists aangewys as die Beste Komedie Potgooi op die kontinent! Hierdie seisoen word aan jou gebring deur die Arrie Nel Apteekgroep.

Audio design: Ethan Baird.
Weekly Afrikaans South Africa Comedy · Personal Journals
36 Episodes
1 – 20

Mevrou se wenke vir die wenners

Die seisoen vir toekennings aande en werks funksies het aangebreek en die Mevrouens voel hulle het nou genoeg praktiese wenke in hulle handsakke vir dié somtyds baie lang aangeleenthede. Watter skoene en hoe om te verseker jy is eerste in die ry vir die buffet is maar van die kosbare…
29 Sep 25 min

Mevrou sien rooi soos 'n ge-ignoreerde stop lig

Die Mevrouens is ontstoke omdat dit vir hulle voel of iemand die padreëls verander het, en hulle nooit ingelig het nie. Dis asof daai verkeers regulasies waaroor hulle dekades terug moes toets skryf om ’n lisensie te kon kry, net nie meer geld nie. Flikker ligte word nie meer gebruik…
23 Sep 22 min

Mevrou se nuwe plan vir die ou jaar

Die Mevrouens is terug en probeer sin maak van wat sover ’n besige jaar was – soos ’n swaar gelaaide weghol 4x4 bakkie wat net nie remme het nie. Vir Gerda de Sousa en Dianne Broodryk is die jaar nog lank nie verby nie en hulle skop die nuwe seisoen…
16 Sep 21 min

Die Mevrouens se dringende ingryping vir die nuwe seisoen

Die Mevrouens is terug vir ’n nuwe seisoen van hulle bekroonde potgooi! Ja, die jaar staan op sy kop, maar nee dit beteken nie dat hulle moet oorgee nie. Gerda de Sousa en Dianne Broodryk het besluit dis nooit te laat vir dringende ingryping nie. Daar is genoeg weke oor…
12 Sep 1 min

Mevrou se jaar van oorvloed en klippe kou

Mevrou kyk terug na 2024 as die jaar wat die grootmens-lewe wenke die lewe sommer baie makliker gemaak het. Gerda de Sousa het uiteindelik geleer hoe om die sloop om die duvet te trek, terwyl Dianne Broodryk die krag gekry het om beheer te vat oor die nuwe geyser skedule…
9 Dec 2024 26 min

Mevrou oefen om Kersfees fiks te word

Mevrou vang die Kersfees gees, maar dis nie ’n maklike oefen om Kersfees fiks te word nie. Dit begin by die gesukkel om die Kersboom te laat staan en dan die stryery om die versiersels perfek te kry. Wat kom eerste – die liggies of die balletjies? Gerda de Sousa…
2 Dec 2024 19 min

Mevrou is nie 'n klip vir 'n winskopie nie

Mevrou staan nie terug as daar ’n goeie uitverkoping is nie, en hierdie is die week vir winskopies! Van Kersfees persente tot huishoudelike skoonmaak middels, dis als op die lysies vir wanneer die winkels oopmaak vir Black Friday. Daar is egter een groot vrees vir Gerda de Sousa en Dianne…
25 Nov 2024 20 min

Mevrou en die skommel vir die rommel trommel

Mevrou is besig met planne om die huis skoon te kry vir die nuwe jaar, en deel hiervan is om ontslae te raak van als wat nie meer gebruik word nie. Die reuse vullis drom is bestel om vir drie dae in die oprit te staan sodat al die opgaar…
18 Nov 2024 20 min

Mevrou smeer haar verjaarsdag met kaster olie

Dis Mevrou se verjaarsdag en tyd vir grootmens persente! Soos wat sy plek soek vir al die kersies op die verjaarsdag tert, besef Mevrou sy het nou die ouderdom bereik waar dit nie meer saak maak of sy partytjie hou of nie. En ja, twee Mevrouens is ’n partytjie. Dianne…
11 Nov 2024 21 min

Mevrou probeer die November vloermoere oorleef

Dis met ’n skok wat Mevrou besef mense se geduld en hulle vlakke van verdraagsaamheid lê laag in November. Miskien is dit ’n einde-van-die-jaar probleem, of dalk was die jaar maar net lank. In die parkeer areas en in die winkels sien Mevrou net moeilike mense. Maar dan onthou Gerda…
4 Nov 2024 21 min

Mevrou kry die appel onder die stamboom

Mevrou is besig om te soek na die appel in die lang gras onder die ou familie boom. Daar is niks lekkerder as om te gaan kyk hoe die voorgeslagte gelyk het nie – daai ou swart-en-wit fotos wat jou meer leer oor waar jy vandaan kom. Maar daarmee saam…
28 Oct 2024 15 min

Mevrou wonder oor die doeke braai

Mevrou se dagboek is ewe skielik vol kombuis tee partytjies, troues, ooievaar tees en nou – vir die eerste ooit – ook ’n doeke braai! ’n Wat? Die nuwe neigings van die jong mense se partytjie reëls en regulasies het Gerda de Sousa en Dianne Broodryk aan die wonder oor…
22 Oct 2024 21 min

Mevrou se skandes by die hoërskool re-unie

Mevrou mis nie ’n hoërskool reünie nie – dis ’n hoogtepunt op haar tien-jaar kalender wanneer daar weer soos op skool gekuier word. Binne ’n oogwink kom die skool bynaam weer uit en vloed die herinneringe terug. En natuurlik, word die skandes en die sondes van hoërskool jare onthou. In…
15 Oct 2024 21 min

Mevrou blaas stoom af oor die nuwe kragmeter

Daar was aanvanklik groot afwagting in Mevrou se huishouding vir die installering van die nuwe elektrisiteits meter. Nou gaan almal sien presies waarvoor hulle opdok en wat die meeste krag verbruik. Maar dié proses sorg vir huis moles – wie moet onthou om die geiser aan en af te sit?…
7 Oct 2024 21 min

Mevrou se sonde met die bure

Die Mevrouens het al in baie buurte gebly – sommige van die bure word soos familie, maar dan is daar daai karakters wat mens laat wonder wat jy in jou vorige lewe gesondig het om dit te verdien. Of miskien was Mevrou se huishouding die bure met die sonde. Gerda…
1 Oct 2024 23 min

Mevrou brul oor die brille en die pille

Dit was nog nooit ’n probleem vir die Mevrouens om ou(er)d te word nie, dis mos maar deel van die lewe. Nou sing Gerda de Sousa en Dianne Broodryk ’n ander deuntjie, sedert die proses van vitamines en die daaglikse aanvullings hulle lewe begin oorheers het. Om nie eers van…
24 Sep 2024 19 min

Mevrou se nuwe seisoen

Die Mevrouens het ontwaak na hulle winterslaap en uit kom die selfone om die kuiers in die kalender in te skryf. Daar’s baie om op te vang – die een se tande is nie meer agter tralies nie en die ander een dink sy het die raaisel oor haar geheimsinnige…
17 Sep 2024 19 min

Mevrou maak haar stem dik

Dis verkiesingstyd en die Mevrouens is skoon uit hulle kassies – of eerder stembussies. Dis 30 demokratiese jare later, maar hulle onthou daai 94-verkiesing asof dit gister was. Nie net kon die Mevrouens vir die eerste keer ook stem nie … Gerda de Sousa en Dianne Broodryk het hulle joernalistieke…
27 May 2024 41 min

Mevrou se blou bloed bieg

Die Mevrouens bieg hulle was ook – net soos die res van die wêreld - vas gevang in die dramatiese verwikkelings van die Britse koninklike familie. Met die pinkies in die lug en die tee wat nie uit die koppie mors nie, vra dié twee ook nederig om verskoning oor…
27 Mar 2024 27 min

Mevrou draai die kasset terug tot by die 'perm'

Dis met skok dat die Mevrouens besef hulle gunsteling grootword jare, was vier dekades terug! Daai dae van hare klits en ‘perm’, die plakkate teen die kamermuur, die groot oorbelle en baie pienk grimering, voel soos nou die dag. En hulle ken dan steeds al die woorde van al die…
4 Mar 2024 29 min
1 – 20