Radio Rosestad Rosestad Godsdiens

Rosestad Godsdiens

Christelike oggenddienste wat uitgesaai word Maandag tot Saterdag om 08:30 asook Sondag Erediens om 09:00 en die Aanddiens om 19:00
Daily Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity
831 Episodes
760 – 780

Dinsdag Oggenddiens - Past Marius Jacobs

1 SAMUEL 17 Goliat verkleineer Saul se leër 1Die Filistyne het hulle krygsmag opgeroep. Hulle het bymekaargekom in Soko wat aan Juda behoort, en het kamp opgeslaan in Efes-Dammim tussen Soko en Aseka. 2Saul en die manskappe van Israel het bymekaargekom en kamp opgeslaan in die laagte by die groot…
14 Nov 2023 1AM 19 min

Maandag Oggenddiens - Past Marius Jacobs

EKSODUS 23 23“My engel sal voor jou uitgaan en jou bring by die Amoriete, Hetiete, Feresiete, Kanaäniete, Hewiete en Jebusiete, en dan sal Ek hulle uitwis.
13 Nov 2023 1AM 16 min

Sondagaand Erediens - Ds Kobus Botha

ROMEINE 8 Niks kan ons van die liefde van Christus skei nie 31Wat is nou ons gevolgtrekking oor al hierdie dinge? Dít: God is vír ons, wie kan dan teen ons wees?
12 Nov 2023 12PM 20 min

Sondagoggend Erediens - Ds Kobus Botha

GENESIS 45 Josef sê vir sy broers wie hy is 1Josef kon homself nie langer bedwing voor die mense wat hom bedien het nie. Hy het hulle almal beveel om van hom af weg te gaan, en daar was van dié wat hom gedien het, nie een by hom toe…
12 Nov 2023 2AM 20 min

Saterdag Oggenddiens - Ds Kobus Botha

ROMEINE 8 26Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie. 27En God, wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die…
11 Nov 2023 1AM 20 min

Vrydag Oggenddiens - Ds Kobus Botha

1 JOHANNES 4 God is liefde 7Geliefdes, ons moet mekaar liefhê, want liefde kom van God, en elkeen wat liefhet, is 'n kind van God en ken God. 8Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie, want God is liefde. 9Hiérin is God se liefde vir ons geopenbaar:…
10 Nov 2023 1AM 13 min

Donderdag Oggenddiens - Ds Kobus Botha

1 JOHANNES 3 14Ons weet dat ons klaar uit die dood na die lewe oorgegaan het, want ons het ons broers lief. Wie nie liefhet nie, bly in die dood.
9 Nov 2023 1AM 14 min

Wat sê die Woord - Past Deon Bosch

Christelike oggenddienste wat uitgesaai word Maandag tot Saterdag om 08:30 asook Sondag Erediens om 09:00 en die Aanddiens om 19:00
8 Nov 2023 12PM 46 min

Woensdag Oggenddiens - Ds Kobus Botha

1 JOHANNES 2 Ons het Jesus as ons voorspraak by die Vader 1Dit skrywe ek aan julle, my liewe kinders, dat julle nie moet sondig nie. En as een van ons sondig – ons het Jesus Christus, die regverdige, as ons voorspraak by die Vader. 2Hy is die versoening vir…
8 Nov 2023 1AM 15 min

Dinsdag Oggenddiens - Ds Kobus Botha

1 JOHANNES 1 God is lig 5Dít is nou die boodskap wat ons by Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. 6As ons beweer dat ons aan Hom deel het, en ons lewe in die duisternis, lieg ons en…
7 Nov 2023 1AM 17 min

Maandag Oggenddiens - Ds Kobus Botha

JOHANNES 1 Die Woord het mens geword 1In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. 2Hy was reeds in die begin by God. 3Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie 'n enkele ding wat bestaan, het sonder…
6 Nov 2023 1AM 18 min

Sondagaand Erediens - Ds Jan Venter

MATTEUS 6 14“As julle ander mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. 15Maar as julle ander mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie.” As julle vas 16“As julle vas, moet julle nie soos skynheiliges met lang gesigte rondloop nie…
5 Nov 2023 12PM 16 min

Sondagoggend Erediens - Ds Jan Venter

HANDELINGE 4 Petrus en Johannes voor die Joodse Raad 1Petrus en Johannes was nog besig om met die mense te praat toe die priesters, die bevelvoerder van die tempelwag en die Sadduseërs op Petrus-hulle afstorm. 2Die priesters en die ander was onthuts omdat die apostels die mense geleer het en…
5 Nov 2023 2AM 15 min

Saterdag Oggenddiens - Ds Jan Venter

JOHANNES 16 13Wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei. Wat Hy sal sê, sal nie van Homself kom nie: Hy sal net sê wat Hy hoor, en Hy sal die dinge wat gaan kom, aan julle verkondig.
4 Nov 2023 2AM 17 min

Vrydag Oggenddiens - Ds Jan Venter

ROMEINE 6 5Aangesien ons met Hom een geword het in sy dood, sal ons sekerlik ook met Hom een wees in sy opstanding. 6Ons weet tog dat die sondige mens wat ons was, saam met Christus gekruisig is, sodat ons sondige bestaan beëindig kon word. Ons is dus nie langer…
3 Nov 2023 2AM 12 min

Donderdag Oggenddiens - Ds Jan Venter

FILIPPENSE 2 Die voorbeeld van Jesus Christus 5Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: 6Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, 7maar Hy het Homself verneder deur…
2 Nov 2023 2AM 12 min

Woensdag Oggenddiens - Ds Jan Venter

MATTEUS 1 Die geboorte van Jesus Christus (Luk. 2:1-7) 18Hier volg nou die geskiedenis van die geboorte van Jesus Christus. Toe sy moeder Maria nog aan Josef verloof was, het dit geblyk dat sy swanger is sonder dat hulle gemeenskap gehad het. Die swangerskap het van die Heilige Gees gekom…
1 Nov 2023 2AM 14 min

Dinsdag Oggenddiens - Ds Jan Venter

MATTEUS 6 As julle armes help 1“Moenie julle godsdienstige pligte in die openbaar nakom om deur mense gesien te word nie, want dan kry julle geen beloning van julle Vader wat in die hemel is nie. 2“As jy byvoorbeeld armes help, moet dit nie uitbasuin nie. Dit doen die skynheiliges…
31 Oct 2023 2AM 9 min

Maandag Oggenddiens - Ds Jan Venter

MATTEUS 5 15ook steek 'n mens nie 'n lamp op en sit dit onder 'n emmer nie maar op 'n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis. MATTEUS 16 16Simon Petrus het geantwoord: “U is die Christus, die Seun van die lewende God.” MARKUS 4 21Hy het…
30 Oct 2023 2AM 10 min
760 – 780