Radio Rosestad Rosestad Godsdiens

Rosestad Godsdiens

Christelike oggenddienste wat uitgesaai word Maandag tot Saterdag om 08:30 asook Sondag Erediens om 09:00 en die Aanddiens om 19:00
Daily Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity
825 Episodes
400 – 420

Maandag Oggenddiens - Ds Kobus Botha

GENESIS 37 Josef en sy drome 1Jakob het in Kanaän gebly, die land waar sy voorvaders ook as vreemdelinge gebly het. 2Hier volg die familiegeskiedenis van Jakob. Josef was nog jonk, sewentien, toe hy kleinvee opgepas het saam met sy broers, die seuns van Bilha en Silpa, sy pa se…
9 Sep 2024 2AM 14 min

Sondagaand Erediens - Ds Johan Marais

JOËL 2 Kom terug na My toe! 12Maar nou sê die Here: Kom met julle hele hart terug na My toe, vas, huil en treur! 13Skeur julle harte, nie julle klere nie. Kom terug na die Here julle God toe: Hy is genadig en barmhartig; Hy is lankmoedig en vol…
8 Sep 2024 1PM 22 min

Sondagoggend Erediens - Ds Johan Marais

MARKUS 2 Jesus roep vir Levi, die tollenaar (Matt. 9:9-13; Luk. 5:27-32) 13Jesus het weer na die see toe gegaan. 'n Hele menigte mense het na Hom toe gekom, en Hy het hulle geleer. 14Toe Hy by die tolhuis verbygaan, sien Hy vir Levi seun van Alfeus daar sit, en…
8 Sep 2024 3AM 21 min

Saterdagoggend - Ds Johan Marais

JOHANNES 21 Petrus kry opnuut sy opdrag 15Toe hulle klaar geëet het, vra Jesus vir Simon Petrus: “Simon seun van Johannes, het jy My baie lief, meer as hulle hier?” “Ja, Here,” antwoord hy Hom, “U weet dat ek U liefhet.” Hy sê toe vir hom: “Laat my lammers wei.”…
7 Sep 2024 2AM 21 min

Vrydagoggend - Ds Johan Marais

ROMEINE 8 Niks kan ons van die liefde van Christus skei nie 31Wat is nou ons gevolgtrekking oor al hierdie dinge? Dít: God is vír ons, wie kan dan teen ons wees? 32Hy het sy eie Seun nie gespaar nie, maar Hom oorgelewer om ons almal te red. Sal Hy…
6 Sep 2024 2AM 15 min

Donderdagoggend - Ds Johan Marais

ROMEINE 5 Die vrug van die vryspraak 1God het ons dan nou vrygespreek deurdat ons glo. Daarom is daar nou vrede tussen ons en God deur ons Here Jesus Christus. 2Deur Hom het ons in die geloof ook die vrye toegang verkry tot hierdie genade waarin ons nou vasstaan. En…
5 Sep 2024 2AM 13 min

Woensdagoggend - Ds Johan Marais

JOHANNES 3 16“God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. 17God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat…
4 Sep 2024 2AM 13 min

Dinsdagoggend - Ds Johan Marais

PSALMS 32 U het my skuld vergewe 1'n Gedig van Dawid. Dit gaan goed met die mens wie se oortredings nie gestraf word nie, wie se sonde vergewe word. 2Dit gaan goed met die mens vir wie die Here die oortreding nie toereken nie en in wie se gees daar…
3 Sep 2024 2AM 14 min

Maandagoggend - Ds Johan Marais

PSALMS 51 Neem tog my sonde weg! 1Vir die koorleier. 'n Psalm van Dawid, na aanleiding daarvan 2dat die profeet Natan na hom toe gekom het oor sy owerspel met Batseba. 3Wees my genadig, o God, in u troue liefde, wis my oortredings uit in u groot barmhartigheid! 4Was my…
2 Sep 2024 2AM 13 min

Saterdag Oggenddiens - Past Bernard van der Vlies

MATTEUS 24 Die profetiese rede: die dag en die uur van die wederkoms (Mark. 13:32-37; Luk. 17:26-30,34-35) 36“Maar niemand weet wanneer daardie dag en uur kom nie, nie die engele in die hemel nie en ook nie die Seun nie. Net die Vader weet dit. 37Soos dit in die dae…
31 Aug 2024 2AM 30 min

Vrydag Oggenddiens - Past Bernard van der Vlies

JOHANNES 6 8'n Ander dissipel, Andreas, die broer van Simon Petrus, sê toe vir Hom: 9“Hier is 'n seuntjie met vyf garsbrode en twee vissies; maar wat is dit vir so baie mense?”
30 Aug 2024 2AM 23 min

Woensdag Oggenddiens - Past Bernard van der Vlies

GENESIS 23 3Daarna het hy die lyk daar gelaat en vir die Hetiete gaan sê: 4“Ek is 'n vreemdeling, 'n bywoner by julle. Gee vir my 'n vaste besitting as graf hier by julle sodat ek my vrou daarin kan begrawe.”
28 Aug 2024 2AM 21 min

Dinsdag Oggenddiens - Past Bernard van der Vlies

ROMEINE 2 28Nie hy is 'n Jood wat dit uiterlik is nie, en nie dit is besnedenheid wat uiterlik aan die liggaam gedoen is nie. 29Nee, hy is 'n Jood wat dit innerlik is, en dit is besnedenheid wat in die hart gedoen is deur die Gees, nie volgens die…
27 Aug 2024 2AM 18 min

Maandagoggend - Past Bernard van der Vlies

ROMEINE 1 1Van Paulus, 'n dienaar van Christus Jesus, geroep om apostel te wees, afgesonder vir die evangelie van God. 2Hierdie evangelie het Hy vooruit deur sy profete in die Heilige Skrif aangekondig, 3en dit handel oor sy Seun. As mens is Hy uit die geslag van Dawid gebore; 4op…
26 Aug 2024 2AM 17 min

Sondagaand Erediens - Ds Horace van Coller

1 PETRUS 1 Die lewende hoop en die egte geloof 3Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Nou het ons 'n lewende hoop…
25 Aug 2024 1PM 17 min

Sondagoggend Erediens - Ds Horace van Coller

EKSODUS 13 17Toe die farao die volk laat trek het, het God hulle nie die pad na die land van die Filistyne toe laat vat nie, hoewel dit die kortste was, want Hy het gesê: “As die volk in 'n geveg betrokke raak, kan hulle dalk spyt kry en na…
25 Aug 2024 3AM 20 min

Saterdag Oggenddiens - Ds Horace van Coller

JOHANNES 19 Jesus sterwe (Matt. 27:45-56; Mark. 15:33-41; Luk. 23:44-49) 28Hierna het Jesus, met die wete dat alles klaar volbring is en sodat die Skrif vervul kan word, gesê: “Ek is dors.” 29Daar het 'n kan vol suur wyn gestaan. Die soldate het toe 'n spons vol suur wyn op…
24 Aug 2024 2AM 16 min
400 – 420