Cape Pulpit / Kaapse Kansel GET UP & GO BREAKFAST - FAMILIE, VADERS & SEUNS MET JANNIE PUTTER

GET UP & GO BREAKFAST - FAMILIE, VADERS & SEUNS MET JANNIE PUTTER

Sluit aan by Jannie Putter, geestelike afrigter, skrywer en motiverende spreker, elke Maandag om 8:15 AM op Radio Cape Pulpit 729 AM vir jou weeklikse dosis inspirasie en motivering. In Get Up & Go Breakfast deel Jannie praktiese advies oor hoe om 'n positiewe gesindheid te kweek, sterk familiebande te bou, en 'n lewe vol avontuur te leef. Met 'n spesiale fokus op die vader-seun verhoudings, gedagtes, houdings en die nakoming van jou drome, sal hierdie program jou help om jou week met doelgerigtheid, energie en 'n hernuwe gevoel van moontlikhede te begin. Of jy nou 'n pa, 'n seun, of iemand is wat die uitdagings van die lewe met selfvertroue wil aanpak, hierdie is die program wat jou oggende sal kick-start en jou reis sal voed.

Luister elke Maandag oggend vir 'n vars perspektief, motiverende stories en aksie-geselskap wat jou sal inspireer om jou beste lewe te leef.
Weekly Afrikaans South Africa Christianity · Relationships
100 Episodes
60 – 80

Jannie Putter - Wat is Waardevol in Jou Lewe?

"Excellence is available to us all, but chosen by a few." Hoekom wil so min van ons uitnemend lewe? Kom ons maak moeite in ons lewens. Kom ons besluit om uitnemend te lewe!
5 Feb 2024 7 min

Jannie Putter - Is die Gras Groener Aan die Ander Kant?

Ons twyfel oor waar ons is, as ons na ander mense se lewens kyk. Ons dink ander se lewens is beter as ons s'n, maar is dit ooit waar? As ons aanhou skyf na 'beter dinge, sny ons ons wortels af an ons kan nie rugtre dra nie.
29 Jan 2024 8 min

Jannie Putter - Leef Jou Drome

Is jy bang vir jou drome? Gaan skryf jou drome neer, en deel hulle met iemand, dat hulle jou verantwoordelik kan hou sodat jy jou drome kan begin leef.
8 Jan 2024 9 min

Jannie Putter - Waaroor is Jy Trots in 2023?

Het jy 'n 'teiken' gehad om raak te skiet in 2023 - Daardie doelwitte in die jaar om na te mik? Hoe anders sal jy weet of jy 'n goeie of slegte jaar gehad het? "If you don't know where you're going, any road will get you there!"
11 Dec 2023 10 min

Jannie Putter - Vat Jou Tyd

Dis die einde van die jaar, en ons voel moek en ons moet tyd vat om af te skakel. Vat tyd om te rus, te dink, te beleef, en om asem te haal, en selfs om niks te doen nie!
4 Dec 2023 11 min

Jannie Putter - Roetine Dissipline

Jy is deel van 'n span - in jou gesin of op die sportveld. Wees 'n goeie skakel in jou span end werk jou sisteme, deur goeie dissipline en 'n goeie roetine.
23 Oct 2023 11 min

Jannie Putter - Cheslin, jou doring!

Ons vermy soms die klein dinge, want ons dink dit is sinneloos, en kan nie 'n verskil maak nie. Dan hou ons op om die goeie klein dinge te doen. Soos Cheslin teen Frankryk, moet ons die klein dinge goed doen.
16 Oct 2023 8 min

Jannie Putter - Hoe Gelukkig Is Jy?

Jy kan jou geluk 'op top' om jouself te vra waarvoor jy dankbaar is. Dit help om kleur in jou lewe in te bring en om dit raak te sien.
9 Oct 2023 9 min

Jannie Putter - Sien die Klein Dinge Raak

Wanneer laas het jy na die detail in iets om iemand gekyk; regtig fyn gekyk? As jy die dinge kan raaksien is daar selfs groter dankbaarheid en waardering vir wat jy het en wat en wie om jou is.
28 Aug 2023 8 min

Jannie Putter - Gee Dit Tyd

Hoeveel van ons jaag tyd? Hoekom is ons so haastig? Laat dinge beweeg sodat dit vorder soos dit moet. Moet nie die lewe jaag nie.
14 Aug 2023 7 min

Jannie Putter - Hoe laat ander jou voel?

As jy aan iemand dink, wat is die koneksie? Laat hulle jou aan slegte of goeie dinge dink? Wees versigtig, moenie soon 'n slagoffer oorkom nie, maar laat dit jou leer om jou gedagtes te verander.
7 Aug 2023 5 min
60 – 80