KOPSKUIF

Welkom by Kopskuif, jou bron van insiggewende gesprekke oor onderwys! Hierdie program bied ‘n platform waar alle rolspelers in die onderwysbedryf, van skoolhoofde tot leerders, ouers, onderwyskundiges en ander belanghebbendes, hul perspektiewe en ervarings kan deel. Elke episode bied die kans om te leer hoe onderwys nie net die verantwoordelikheid van skole is nie, maar iets wat die hele gemeenskap betrek.

Mercia Eksteen, die aanbieder, lei hierdie inspirerende gesprekke, wat daarop gemik is om mense aan te moedig om hul rol in die onderwys en gemeenskapsontwikkeling te erken. Die program ondersoek hoe onderwys die grondslag lê vir 'n beter samelewing en hoe elke individu ‘n verskil kan maak. Of jy ‘n onderwyser, leerling, ouer, of gemeenskapsleier is, Kopskuif bied praktiese insigte en waardevolle besprekings oor hoe ons die onderwyslandskap kan verbeter en transformeer.

Met die steun van die ATKV, wat die belangrikheid van samewerking in onderwys beklemtoon, is Kopskuif ‘n program wat die deure oopmaak vir gesamentlike aksie en positiewe verandering in die onderwysstelsel.

Sluit aan by ons op Radio Kaapse Kansel elke Saterdag van 16:00 tot 17:00 en raak betrokke in die gesprekke wat die toekoms van onderwys vorm. Volg ons vir inspirerende gesprekke oor onderwys, leer, en gemeenskapsontwikkeling wat jou sal aanmoedig om aktief by te dra tot 'n beter onderwysomgewing.

Luister na Kopskuif – Jou gids na ‘n sterker, meer inklusiewe onderwyslandskap!
Weekly Afrikaans South Africa Education · Christianity
273 Episodes
1 – 20

KOPSKUIF - Jerome Rex – Die Woordsmid agter die Musiek

Woordsmid, liedjieskrywer en rymkletser Jerome Rex kuier saam op Kopskuif en deel sy unieke reis van hoe hy hiphop en kerkmusiek op kreatiewe wyse saamgevoeg het. In hierdie episode gesels hy openhartig oor sy musiekloopbaan, toneelspel, sy rol as pa en die stories agter die lirieke. Skakel gerus in om…
26 Jul 32 min

KOPSKUIF - 94 Jaar van Erfenis en Hoop – met Toni Ward

In hierdie episode van Kopskuif gesels Toni Ward, voorsitter van die ATKV-tak Kro’bossie in De Aar, oor die tak se rol as kulturele anker die afgelope 94 jaar. Luister hoe sy vertel van projekte wat erfenis bewaar, Afrikaans laat blom, jong talent ontwikkel en toekomstige leiers help vorm. ’n Viering…
19 Jul 24 min

KOPSKUIF - Reinette Lombard, medeskrywer van die Tippie-leesboeke

Lees is baie belangrik. Dit is een van die vaardighede wat ’n kind vir die res van sy lewe gaan gebruik en daarom is dit belangrik dat ’n kind goed kan lees en met begrip kan lees. Op Saterdag 21 Junie 2025 gesels Reinette Lombard, medeskrywer van die Tippie-leesboeke, op…
21 Jun 28 min

KOPSKUIF - Brandon Erasmus, voorsitter van die ATKV-tak Victoria-Wes

Waar begin ’n mens om die wêreld te verander? Dis maklik – begin by jouself. Op 7 Junie gesels Brandon Erasmus, voorsitter van die ATKV-tak Victoria-Wes, op Kopskuif oor hoe een klein verandering in jou binnewêreld ’n rimpeleffek kan hê wat kan uitkring na jou gesin, jou familie, die gemeenskap,…
7 Jun 32 min

KOPSKUIF - Cor Uys, bekende musikant, op Kopskuif oor die Andante Plus50-musiekkompetisie

Op 31 Mei gesels Cor Uys, bekende musikant, op Kopskuif oor die Andante Plus50-musiekkompetisie. Hierdie eerste plaaslike musiekkompetisie wat eksklusief op 50-plussers gerig is, word in samewerking met ATKV-Buffelspoort en PLUS 50-tydskrif aangebied. Met verskillende kategorieë en opwindende pryse bied die kompetisie ’n platform vir musikale 50-plussers.
31 May 28 min

KOPSKUIF - Dr. Jo-Marie Bothma: Emosies, Regulering en Veerkragtigheid by Kinders

In hierdie insiggewende episode van Kopskuif gesels kliniese sielkundige en spelterapeut, dr. Jo-Marie Bothma, oor die belangrike rol van emosies in ons lewens. Sy deel praktiese insigte oor emosionele regulering, hoe om kinders te help om emosioneel veerkragtig te wees, en hoe om hoop te behou te midde van negatiewe…
17 May 36 min

KOPSKUIF – Afrikaans 100: ’n Taal om te vier!

Afrikaans vier 100 jaar as amptelike taal! 🇿🇦✨ Op Kopskuif gesels Giep van Zyl, nasionale koördineerder van Afrikaans 100, oor die geskiedenis, groei en viering van dié dinamiese taal—én hoe jy deel kan wees van die feesvieringe, projekte en kompetisies. Luister ook na Elias P. Nel se unieke verwerking van…
10 May 23 min

KOPSKUIF - Floris Voges

In hierdie week se episode van Kopskuif gesels ons met Floris Voges, ’n sanger-liedjieskrywer van Bellville, Kaapstad, en finalis van Taalgenoot se Ruk en Rym. Floris deel die storie agter sy debuutalbum Paradysstof, wat tussen Augustus 2024 en Januarie 2025 vrygestel is en reeds meer as 100 000 strome op…
12 Apr 37 min

KOPSKUIF - Geestesgesondheid & Emosionele Veerkragtigheid met Elizta du Plessis

Luister na ‘n insigryke gesprek oor geestesgesondheid, emosionele veerkragtigheid, en die krag van positiewe emosies met Elizta du Plessis, ‘n ervare arbeidsterapeut by Mondia Corporate Care. In hierdie episode van Kopskuif deel Elizta waardevolle wenke oor hoe om emosionele welstand te bevorder, die rol van lag en selfdeernis, en praktiese…
5 Apr 42 min
1 – 20