Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Roelf Meyer is die skoolhoof van die President Steyn-skool in die hartjie van die landbougemeenskap van Bloemfontein. Meyer vertel van die skool se ontstaan. En die skool bestaan alreeds meer as 90 jaar en het ‘n ryke geskiedenis. Hy vertel ook van prestasies wat die skool behaal het en hoekom…
Die Rooivleisbedryfsforum het weer sy inisiatief om Suid-Afrika se beste slaghuis aan te wys, gestand gedoen. ‘n Groot aantal inskrywings is van regoor die land ontvang en een slaghuis in Sentraal Suid-Afrika het met die louere weggestap. Daar word verder ook berig wat voornemende verkopers kan doen om die regte…
Uitstekende navorsing wat onlangs gedoen is, toon dat daar moontlik ‘n oplossing gevind is vir die pes van kommandowurms wat groot dele en gebiede van die landbousektor in die Amerikas, Afrika en Asie bedreig. Weerstandigheid teen sekere middels het navorsers genoop om na nuwe oplossings te kyk en hulle glo…
Nampo-week is verby en ten spyte van baie uitdagings, word die week se verrigtinge wyd geloof vir die sukses wat behaal is. Graan SA se besluit om voort te gaan met die week het aanvanklik baie kritiek ontlok, maar na die week was almal dit eens dat die sukses van…
Charl Saunderson is ‘n bekende leierboer en dorper-teler in die Kenhardt-distrik in die Noord-Kaap. Saunderson is ook bekend as motiveringspreker, predikant en berader en tree gereeld op as spreker by verskeie geleenthede. Hy kyk vandag na die uitdagings van landbouers om voedsel te produseer. Hy vertel van hoe boere hul…
Die President Steyn-skool buite Bloemfotein is ‘n bekende baken in die landbougemeenskap en is ook die voederskool vir landbouers in die omgewing. Vanjaar word daar ‘n unieke fondsinsamelingsveldtog van stapel gestuur deur middel van ‘n groot veiling op ‘n plaas in die Bloemfontein-distrik.
Theo Oosthuizen is ‘n bekende oud-Springbokrugbyspeler wat ook bekendheid in die finansiele sektor verwerf het. Hy het begin teel met die Letelle-skaapras en vertel van die veelsydige eienskappe van die skaap. Oosthuizen gee ook sy mening oor die stand van landboutoestande in Suid-Afrika en deel sy bekommernis oor die ekonomie…
‘n Bekende onkruid hou ‘n ernstige bedreing in vir die landbousektor en die Minister van Landbou het die onkruid, Palmer amaranth as ‘n kategorie 1-onkruid verklaar. Die plante word as uitheemse indringers beskou wat geensins verbou of verhandel mag word nie. Die onkruid is reeds teen minstens nege meganismes in…
Prof Frikkie Mare, senior landbou-ekonoom van die Universiteit Vrystaat, verduidelik die doel van die voorgestelde Meesterplan vir Landbou, soos deur die regering voorgestel. Die aanvanklike doel is om alle betrokkenes en rolspelers te betrek en deur aksies tot uitvoering te bring. Die toekoms sal egter, volgens Mare, leer hoe die…
Jannie Botha is ‘n kundige op die gebied van filters en hy verduidelik hoe om water en olie in hidroliese filters te verhoed. Veral besproeingsboere langs riviere, ondervind gereeld probleme hiermee en Botha verduidelik ook hoe dit aangespreek kan word deur die regte keuses te maak by die aankoop van…
Volgens Woolnews.net, veroorsaak logistieke probleme by hawens in die Oos-Kaap dat die Suid-Afrikaanse en Australiese wolmarkte, ernstige skade ly. Die voortdurende verskepingsvertragings by die Port Elizabeth-hawe is die hoofoorsaak en dit raak al hoe moeiliker om normale aktiwiteite voort te sit. Hawe-opeenhoping en vervoerprobleme veroorsaak maandlange verskepingsvertragings en die aantal…
Charl Saunderson is ‘n bekende leierboer en dorper-teler in die Kenhardt-distrik in die Noord-Kaap. Saunderson is ook bekend as motiveringspreker, predikant en berader en tree gereeld op as spreker by verskeie geleenthede. Hy vergelyk ‘n vragmotor en die belangrikheid van die drywer. Saunderson vertel van boerderye wat met huishoudings vergelyk…
Vier internasionale leeus wat in Frankryk in haglike toestande aangehou is en later deur ‘n internasionale diereliefhebber-organisasie bevry en gerehabiliteer is, is in Suid-Afrika vrygelaat. Die leeus het groot bekendheid in die internasionale media verwerf en hul reddingspoging is aanvanklik deur Covid in die wiele gery.
Die Department van Omgewingsake, Bosbou en Visserye berig dat renosterstropery op privaateiendomme toeneem. Die Krugerwildtuin is steeds die plek met die hoogste syfer van stropery. Intussen het die gesloer van meer as twee jaar met die hernuwing van bestaande vuurwapenlisensies, die uitreiking van bevoegdheidsertifikate en nuwe lisensies, die wildbedryf geknou…
Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste kommoditeitspryse. Volgens hom het die wisselkoers stabiel gebly teenoor die Amerikaanse dollar. Slagpryse geniet steeds goeie ondersteuning, en kan opwaarts begin styg in die volgende twee maande. Speenkalfpryse het weer stabiel gebly hierdie maand…
Johan Botha van Oranjerivier Veevoere in Prieska, in die Noordkaap, is uitvoerende hoof van die besigheid. ‘n Groot inligtingsdag verlede week, het boere van regoor Suid-Afrika en sy buurlande gelok. Verskeie sprekers het deelgeneem en Botha vertel van die positiewe gesindheid wat onder landbouers heers en dat hy opgewonde is…
Prof Frikkie is 'n bekende landbou-ekonoom en hy gesels vandag padlangs met landbouers. Maré praat oor die onsekerheid in die wêreld-ekonomieë en hoe dit die Suid-Afrikaanse landbousektor beïnvloed, onder andere hoër kommoditeitspryse, hoër rentekoerse, ens.
Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
9 May 2022 3AM
2 min
960 – 980
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.