Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê Suid-Afrika wil geen verdere vlugte ontvang met Palestynse vlugtelinge aanboord nie. Dit volg na ’n gehuurde vliegtuig met 153 passasiers verlede week sonder behoorlike dokumentasie op OR Tambo Internasionale Lughawe geland het. Lamola het die aankoms as verdag beskryf en…
Huiseienaars en voornemende kopers het rede om optimisties te wees met die vergadering van die Monetêre Beleidskomitee hierdie week. Die ontleder, Bradd Bendall sê laer rentekoerse en 'n rand wat versterk vergemaklik verbandterugbetalings, terwyl nuwe kopers voordeel trek uit dalende deposito's en sterk leningsaptyt. Bendall sê huisprysinflasie bly hoog, wat…
Die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad het ʼn resolusie deur Amerika aanvaar, wat ʼn vredesplan vir Gaza en ʼn tydelike internasionale mag in die gebied goedkeur. Dertien lande, insluitend Frankryk, die Verenigde Koninkryk en Somalië, het die resolusie gesteun terwyl Rusland en China buite stemming gebly het. Die resolusie se doel…
Die Outdoor Centre het in samewerking met Femedia Steps for Vets bekendgestel, 'n landwye virtuele staptog gewy aan die ondersteuning van veeartsenykundige sorg vir renosters in die land. Die inisiatief nooi individue, skole en maatskappye uit om enige afstand, enige plek, enige tyd van vandag tot 27 November te stap,…
Reaksie kom in oor die myneministerie wat berigte dat die kabinet die verkryging van ‘n belang in De Beers wat 14,5 miljard Namibiese dollar sal kos, as onakkuraat afgemaak het. Dit is terwyl Angola en Botswana beding vir Anglo American se 85 persent aandele, wat hy wil verkoop. Kosmos 94.1…
Reaksie word ontvang op die opsporing van meer as 559 000 kuberkwesbaarhede tussen Julie en September, 'n toename van die vorige kwartaal, terwyl aangemelde kubergebeure skerp met 52 persent gedaal het. Tegnologiekenner Nrupesh Soni waarsku dat die laer voorvalsyfers moontlik onderrapportering weerspieël, nie veiliger stelsels nie. Hy het aan Kosmos…
Die DA in Gauteng sê boelie-voorvalle in skole in die provinsie het verdubbel en vanaf tien gevalle in 2023 gestyg tot 21 verlede jaar, wat leerders se veiligheid in gevaar stel. Slegs twee leerders is geskors, terwyl ander voorwaardelik kon terugkeer. Die DA se woordvoerder, Sergio Isa dos Santos, gee…
Noorweë het Italië 4-1 verslaan om die eerste keer sedert 1998 vir die Wêreldbekertoernooi te kwalifiseer. Erling Haaland se twee doele het sy totaal in die groepfase tot 16 geneem. Antonio Nusa en Jorgen Strand Larsen het ook verdoel. Portugal het ook sy plek in volgende jaar se toernooi verseker…
Selfmoord bly 'n ernstige bron van kommer in Namibië. Oor die naweek is drie gevalle aangemeld, 'n 21-jarige man in Ruacana, 'n 30-jarige man in Tsumeb en 'n 27-jarige vrou in Windhoek. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende aktivis Zack Itodo gepraat, wat die belangrikheid beklemtoon het om vroeë…
Die Departement van Water en Sanitasie het 'n streng waarskuwing uitgereik aan lede van die publiek om weg te bly van riviere, strome en ander watermassas tydens die aanhoudende swaar reën in dele van die land. Dit is omdat watervlakke wat vinnig styg en sterk strome aansienlike gevare inhou. Die…
Die Rough n Tough Rally 2025 het 1,3 miljoen Namibiese dollar vir die Kankervereniging van Namibië ingesamel. Dit is aangewend om die nuwe Palliatiewe Sorg-sentrum op Swakopmund te vestig. Die sentrum sal amptelik einde Januarie 2026 geopen word. Die geleentheid was 'n reuse sukses en inskrywings vir volgende jaar is…
Reaksie word ontvang op die nuus dat Namibië byna twee derdes van sy werkgewers in vyf jaar verloor het. Dit is volgens Robert McGregor, hoof van navorsing by Cirrus. Hy sê die aantal individue wat hulle as werkgewers identifiseer, het van ongeveer 45 000 in 2018 tot slegs 15 000…
Die ministerie van gesondheid het 'n nasionale tekort aan sommige medisyne en MIV-toetsstelle bevestig, maar sê nuwe voorrade word nou versprei. Uitvoerende direkteur Penda Ithindi het aan Kosmos 94.1 gesê dat die Panado-tekort voortspruit uit Fabupharm wat gedwing is om produksie te staak nadat hulle vir meer as 'n jaar…
'n Generaal-majoor van die polisie, Mary Motsepe, het die Madlanga-kommissie vertel sy was nie bewus daarvan dat dossiere oor politieke moorde in KwaZulu-Natal na die Misdaadintelligensie-hoofkwartier gestuur is vir ouditering nie. Sy het getuig sy het in Maart vanjaar op 'n informele wyse die eerste keer daarvan gehoor. Motsepe het…
Swart Vrydag kom nader en Old Mutual Namibia waarsku dat verbruikers moet versigtig wees. Mignon du Preez, hoof van bemarking en openbare sake, waarsku dat 'n winskoop nie 'n winskoop is as dit gesinne in finansiële stres plaas nie. Met die stygende lewenskoste en die feestyd net weke weg, sê…
NamRA het 'n nuwe kliëntediens bestuurstelsel, ONYOFI en ‘n terugvoerstelsel, SANSDIV bekend gestel. Volgens NamRA sal dit kliëntediens bevorder en belastingbetalers en handelaars bemagtig. NamRA-kommissaris Sam Shivute sê die agentskap wil wettige handel bevorder. Shivute het ook gepraat van dwelms ter waarde van 7,5 miljoen Namibiese dollar wat by die…
Rugby: Japan se hoofafrigter, Eddie Jones, het Wêreldrugby se huidige dissiplinêre raamwerk gekritiseer ná sy span se naelskraapse nederlaag van 24-23 teen Wallis in Cardiff. Drie Japanese spelers het geelkaarte gekry, terwyl die Walliese vleuel, Josh Adams, se geelkaart verander is na 'n rooie weens gevaarlike spel. Jones beskryf ook…
Die oliemark is in die nuus maar, die mark is ook uiters sensitief. Dit is die mening van die ekonoom Dawie Klopper na ‘n Oekraïnse aanval op Rusland se Swartsee-hawe van Novorossiysk olie-uitvoere, gelykstaande aan 2,2 miljoen vate per dag, of 2 persent van die wêreldwye voorraad, tydelik opgeskort het…
Die Stad Johannesburg het 'n Sunday Times-artikel met die opskrif, Workers’ R4bn G20 blackmail, heeltemal verwerp. Die artikel beweer die metro het 4 miljard Suid-Afrikaanse rand van sy kapitaaluitgawebegroting aangewend om 'n betoging deur die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie om die G20-leiersberaad te ontwrig, te voorkom. Burgemeester Dada Morero se woordvoerder,…
17 Nov 5AM
1 min
780 – 800
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.