Wetenskaplike studies skets 'n ontnugterende prentjie van die uitdagings waarmee Namibië se Afrika-pikkewyne te kampe het. Navorsing op Mercury-eiland toon dat die pikkewyne gedwing word om te oorleef op lae-energie prooi, soos grond-els, eerder as hul voorkeurdieet van sardientjies en ansjovis. Dit verminder hul teelsukses, kuikenoorlewing en algehele gesondheid drasties…
Build One South Africa waarsku Suid-Afrika word 'n gemeenskap sonder gevolge, met misdaadnetwerke wat in sleutelstaatsinstellings gevestig is. Die party sê toenemende misdaad, insluitend byna 80 moorde en meer as 130 verkragtings per dag, bedreig beide veiligheid en ekonomiese groei. Die leier van BOSA, Mmusi Maimane doen 'n beroep op…
Die families van die 17 mans van Suid-Afrika wat in die oorlog tussen Rusland en Oekraïne vasgekeer is, sê hulle is gefrustreerd met die trae vordering om te verseker dat die groep veilig terugkeer. Die mans is in Julie na Rusland gelok onder die indruk dat hulle as lyfwagte opgelei…
Namibië se visum-by-aankoms-stelsel het meer as 413,3 miljoen Namibiese dollar in inkomste vir die staat gegenereer in minder as twaalf maande na die bekendstelling daarvan, met 289 510 visa wat teen 31 Januarie vanjaar uitgereik is. Die Immigrasiebeheer-department het in die oorsigtydperk noemenswaardige diensleweringsuitsette aangeteken, insluitend die uitreiking van 51…
Minstens nege mense is in 'n skietery by die Tumbler Ridge Secondary School in Brits-Columbië in Kanada dood. Ses mense is op die toneel doodgeskiet en nog een het onderweg na 'n hospitaal beswyk. Nog twee liggame is later op 'n ander toneel gevind, maar die polisie glo die sterftes…
Reaksie word ontvang op Namibië wat sy swakste telling in meer as 20 jaar op Transparency International se jongste Korrupsiepersepsie-indeks behaal het. Die swak prestasie word onderstreep deur wetgewing soos die Wet op Toegang tot Inligting en die Fluitjieblaserbeskermingswet wat steeds nie geïmplementeer is nie. Kosmos 94.1 Nuus het met…
Die vakbondfederasie Cosatu sê hy gaan dringend met die regering in verbinding tree om werkbare oplossings te vind vir die voortdurende krisisse wat dreig om die Suid-Afrikaanse Poskantoor in duie te laat stort. Volgens die Poskantoor se sakereddingspraktisyns sal hulle waarskynlik moet bereken of enige redelike vooruitsigte bestaan om dié…
Die Withuis weier om te sê of president Donald Trump in 2006 met die Palm Beach-polisiedepartement oor wyle Jeffrey Epstein gepraat het. Volgens ʼn FBI-dokument in die Epstein-lêers wat onlangs bekendgemaak is, beweer die gewese polisiehoof van Florida, Michael Reiter, hy het ʼn telefoonoproep van Trump ontvang waarin hy gesê…
President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika ondersteun steeds 'n diplomatieke oplossing vir die konflik tussen Rusland en Oekraïne. In 'n telefoniese gesprek met die Russiese president Vladimir Putin het Ramaphosa herhaal dat alle oorloë deur onderhandelinge moet eindig. Die woordvoerder in die Presidensie, Vincent Magwenya sê die twee leiers het ook…
Afrigter Cecil Afrika het die beproefde kern van die Springbok-vrouespelers behou vir die naweek se Sewes-Twee-toernooi in Kenia. Tien van die spelers was in die groep wat verlede maand die Sewes-Drie-toernooi in Dubai gewen het, wat hulle na die volgende kwalifiserende fase laat vorder het. Die blitsvinnige Shannon-Lee Windvogel kan…
Namibië se krieketspan kom môre teen die magtige Indië in die T20-Wêreldbekertoernooi te staan ná die Eagles Dinsdag ‘n nederlaag teen Nederland gely het. Tydens ‘n mediakonferensie ná die wedstryd het die Eagles se kaptein, Gerhard Erasmus, gesê ‘n kragmeting teen Indië is ‘n reuse-oomblik:
Landbouminister Inge Zaamwani sê Namibië sal 1,5 miljard Namibiese dollar benodig om voorkomings- en paraatheidsmaatreëls teen bek-en-klouseer te verskerp. Zaamwani het Dinsdag in die parlement gesê die toenemende nabyheid van uitbrekings in Suid-Afrika en Botswana vereis dringende en aggressiewe optrede. Zaamwani het verduidelik dat die bykomende 1,5 miljard dollar nodig…
Die hoof van die polisie, luitenant-generaal Joseph Shikongo, het Dinsdag die onmiddellike oorplasing van die Toerismebeskermingseenheid na die Kantoor van die Inspekteur-generaal aangekondig. Die besluit volg op kommer wat deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah uitgespreek is oor ’n toename in misdaad teen toeriste. In Januarie het Kanada en Duitsland reiswaarskuwings uitgereik…
Die Namibiese Polisie se hoof, inspekteur-generaal Joseph Shikongo, het aangekondig dat vyf polisiebeamptes, van konstabels tot sersante, ontslaan sal word na ernstige wangedrag. Shikongo het tydens 'n perskonferensie gesê die polisiebeamptes is in besit gevind van dwelms, selfone en batterye wat bedoel was vir gevangenes in polisieselle.
Gholf: Die uitvoerende hoof van LIV Gholf, Scott O'Neill, sê die Southern Guards se bekendstelling van LIV Gholf in Suid-Afrika is daarop gemik om gholf in die volgende generasie te laat groei. O'Neill het in 'n onderhoud met Newzroom Afrika na die stigting van die Southern Guards-akademie verwys as 'n…
Die Nasionale Teater van Namibië het 'n skedule vrygestel van die verhoog-akteurs opleidingslaboratorium se datums vir die jaar. Die opleidingsprogram vir beide akteurs en nie-akteurs, sal by die teater aangebied word. Die program het die afgelope naweek begin. Kosmos 94.1 Nuus het met Desiree Mentor, NTN se woordvoerder gepraat.
Die amptelike opposisie IPC is sterk gekant teen die petroleum wetsontwerp wat in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê is en wat die stroomop-petroleum sektor onder die president se kantoor sal laat val. IPC-president Panduleni Itula het by 'n perskonferensie in die hoofstad gesê daar moet 'n skeiding van magte…
Die parlement het ernstige kommer uitgespreek oor die toenemende vlakke van dwelm- en alkoholmisbruik in skole regoor die land. Swanu-president Evilastus Kaaronda het die onderwysministerie versoek om die saak dringend te ondersoek en oplossings te vind, insluitend toeganklike rehabilitasie vir geaffekteerde leerders.
Die Namibië Rugby-unie het verskeie kwessies wat teen die unie geopper was aangespreek by 'n perskonferensie. Namibië het nie vir die 2027 Wêreldbekertoernooi gekwalifiseer nie, wat beteken befondsing van Wêreldrugby het weggeval. Die unie moes noodgedwonge die hoëprestasie-program aanpas, die Welwitschias se afrigterspan se kontrakte opskort asook dié van die…
10 Feb 9AM
1 min
760 – 780
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.