Die VN se assistent-sekretaris vir Europa, Sentraal-Asië en die Amerikas, Miroslav Jenča, het verslae dat Israelse eerste minister Benjamin Netanyahu kabinetsgoedkeuring soek om Gaza ten volle te beset, as diep kommerwekkend beskryf. Hy het gepraat by 'n VN Veiligheidsraad spesiale sitting in New York oor gyselaars in Gaza.
Reaksie word ontvang op die opdrag deur die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, James Sankwasa, dat alle plaaslike owerhede opdrag gegee het om nie kontrakte met RedForce Debt Management te hernu of toe te teken nie, met verwysing na probleme wat veroorsaak word deur die maatskappy se aggressiewe skuldinvorderingstaktieke…
Die veiligheid- en sekuriteitsminister, Lucia Iipumbu, het tydens die bekendstelling van Operasie Lucia in Oshakati die polisie aangespoor om voorkoming en bemiddeling te prioritiseer bo arrestasies, weens oorvol aanhoudingselle. Sy het professionaliteit en integriteit as ononderhandelbaar beklemtoon en die herlewing van buurtwag-inisiatiewe aangemoedig. Iipumbu het ook 'n beroep gedoen op…
Die minister van Minerale en Petroleum Hulpbronne, Gwede Mantashe, sê die 30-persent tariefverhoging op Suid-Afrika se uitvoere na Amerika is ʼn desperate poging van ʼn mag wat voel sy invloed raak minder. Die regering waarsku die tariewe kan die land sowat 30 000 werksgeleenthede kos. Amerika is Suid-Afrika se derde…
Die ANC-jeugliga sê hulle eis die vinnige en beslissende instel van 'n handelsbeleid ná Amerika se aankondiging oor 30-persent-tariewe op Suid-Afrikaanse uitvoere. President Cyril Ramaphosa het tydens die ANC se nasionale uitvoerende komiteevergadering in Ekurhuleni gesê die regering sal maatreëls instel om die veerkragtigheid van die ekonomie en toekomstige uitvoere…
Die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad het Dinsdag 'n spesiale sitting oor die gyselaars in Gaza gehou. Ilay David, wie se broer Evyatar David in een van die video's was wat oor die naweek deur Hamas en Palestynse Islamitiese Jihad vrygestel is, het via videoverbinding uit Israel gepraat. Hy het beklemtoon…
MTC Namibia en Letshego Micro Financial Services het die Tamba Maris loodsprojek begin, 'n mobiele mikroleningsplatform wat kitslenings van 100 Namibiese dollar tot 1 500 dollar bied. Terugbetalingstermyne wissel tussen sewe, 14 of 30 dae en rentekoerse tussen 14 persent en 22 persent. Lenings word binne 'n minuut goedgekeur deur…
Die Namibiese Privaatpraktisynsforum waarsku dat Psemas sonder dringende optrede teen 2027 kan ineenstort. Dit sal sowat 300 000 staatsamptenare en hul gesinne sonder toegang tot huidige vlakke van privaat sorg laat, veral in geestesgesondheid, chroniese siektes en landelike dienste. Die forum vra lank reeds vir 'n statutêre Mediese Beheerraad om…
Oliepryse het effe gedaal na Opul se produksieverhoging van 547 000 vat daagliks in September maar bly rondom 68 Amerikaanse dollar ‘n vat. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Klopper gepraat. Hy sê die sterker Suid-Afrikaanse rand en die vraag en aanbod situasie dryf op die oomblik…
Die Okorukambe-kiesafdelingkantoor in die Omaheke-streek het inwoners van die Omitara-nedersetting, waar werkloosheid 'n bron van kommer is, gehelp met materiale om 'n inkomste te begin genereer. Die kantoor het ook skootrekenaars en drukpapier ter waarde van 200 000 Namibiese dollar aan drie plaaslike skole oorhandig. Okorukambe-kiesafdelingsraadslid Rocco Nguvauva het die…
Cosatu het 'n beroep gedoen op die Vrystaatse leierskap van die ANC, om die party skoon te maak van alle burgemeesters en provinsiale leierskap wat by wangedrag geïmpliseer word en die beweging en regering in oneer gebring het. Die vakbondfederasie sê as die leierskap beweerde oortreders verder beskerm, sal Cosatu…
Die middelvlak-goudprodusent, Pan African Resources, waarsku onwettige mynbou is 'n nasionale krisis, nadat nog 28 onwettige mynwerkers vanoggend uit die Sheba-myn in Barberton, Mpumalanga gekom het. Altesaam 546 is sedert Vrydag in hegtenis geneem vir betreding, goudoortredings en immigrasie-oortredings. Borgtog van 2 000 Suid-Afrikaanse rand is aan slegs 26 toegestaan…
Olimpiese Spele: Die reëlingskomitee vir volgende jaar se Milaan-Cortina Olimpiese en Paralimpiese Winterspele in Italië sê voorbereidings vorder goed en tydig. Die Olimpiese openingseremonie is op 6 Februarie, en die Paralimpiese Spele open op 6 Maart. Die Spele maak gebruik van 'n magdom bestaande persele om kostes te bespaar. Die…
Uitvoerende direkteur in die Kantoor van die Eerste Minister, Gladice Pickering sê voedselsekerheid bly 'n bron van kommer ten spyte van die einde van die droogtehulpprogram. Sy het die behoefte aan voortgesette ondersteuning beklemtoon, veral in droogtegeteisterde streke, en het 'n beroep gedoen op proaktiewe maatreëls om wanvoeding aan te…
By vanoggend se opening van Namibië se 2025 Mynbou-ekspo, wat daarop gemik is om vaardigheidsontwikkeling en belangstelling in die mynbousektor te bevorder, het lynminister Natangwe Ithete die belangrikheid beklemtoon om te verseker dat die ontginning van die land se natuurlike hulpbronne tasbare voordele vir alle Namibiërs inhou.
Die PDM se sekretaris-generaal, Manuel Ngaringombe, het kommer uitgespreek oor Nampost se aanstelling om maatskaplike toelaebetalings te hanteer. Hy het die deursigtigheid van die verkrygingsproses bevraagteken en wil weet of 'n openbare tender uitgereik is. Hy het ook twyfel uitgelig oor Nampost se reikwydte in landelike gebiede. Hy stel voor…
Die chaos duur voort in Gaza en die sekretaris-generaal van die Noorse Vlugtelingraad, Jan Egeland, beskryf pogings om toegang tot hulp in Gaza te verkry as ‘The Hunger Games’. Hy sê verder daar is nie genoeg kos vir almal by die Gaza Humanitêre Stigting se verspreidingspunte nie.
Rugby: Nieu-Seeland se afrigter, Scott Robertson, sê 'n vlaag beserings bied geleenthede vir spelers wat 'n kans verdien om vir die nasionale span te speel. Hy het een nuweling, die flank Simon Parker, aangewys in sy groep van 36 vir die Rugbykampioenskap wat dié maand begin wanneer die All Blacks…
Voormalige Namcor-bestuurder Cedric Willemse het 2 miljoen Namibiese dollar ontvang nadat Namcor in Julie 2022 vulstasie-bates van Enercon Namibia vir 53,2 miljoen dollar gekoop het, het Oberty Inambao, ondersoeker van die Teenkorrupsie-kommissie, aan die Windhoek landdroshof gesê. Hy het gesê 1,04 miljoen dollar is aan Willemse se geslote korporasie betaal…
5 Aug 8AM
1 min
400 – 420
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.