Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
380 – 400

Pad-onderhoud: Daar's geen befondsingskartel nie

Die Padfondsadministrasie en die Paaie-owerheid kap hard terug teen bewerings in plaaslike media van 'n befondsingskartel en wanbestuur. Die twee entiteite verduidelik dat plaaslike owerhede, nie sentrale agentskappe nie, die uitsluitlike verantwoordelikheid vir stedelike padinstandhouding dra. Verder, befondsingsbeperkings, reënskade en stygende koste, nie vermorsing nie, die werklike redes vir padherstel-agterstande…
3 Dec 1AM 1 min

Ierland sê Rusland mag nie wen nie

Ierland se eerste minister, Micheál Martin, sê een van die belangrikste waarborge vir Oekraïne se toekomstige veiligheid is sy lidmaatskap van die Europese Unie. Kiëf wil teen 2030 by die EU aansluit. Oekraïne se president Volodymyr Zelensky het Dublin gister besoek tydens sy eerste amptelike besoek aan Ierland. Martin sê…
3 Dec 12AM 1 min

Taakspan vir politieke moorde was nie permanent vir SAPD nie

Die geskorste minister van Polisie, Senzo Mchunu sê die taakspan vir politieke moorde was nooit 'n permanente eenheid binne die Suid-Afrikaanse Polisiediens nie. Mchunu, wat tans met spesiale verlof is, het gister voor die Madlanga-kommissie in Pretoria verskyn en sal Donderdag sy getuienis voortsit. Mchunu het aan die kommissie gesê…
3 Dec 12AM 1 min

Vakansietyd: Wat van Wagter en Wollie?

Met die Kersseisoen op hande waartydens baie gesinne op reis sal gaan, is dit nie altyd moontlik om die uitgebreide familie soos katte en honde saam te neem nie. Baie families verkies om hul diere by troeteldier-sorgfasiliteite te los terwyl hulle op vakansie is. Dr. Theuns Laubscher het raad vir…
3 Dec 12AM 1 min

Gemengde voorspellings vir repokoers vandag

Die sentrale bank se monetêre beleidskommittee gaan vandag sy repokoers-besluit aankondig. Kosmos 94.1 Nuus het met ekonome gepraat wat 'n verlaging van 25 basis punte verwag. Die Cirrus ekonoom Oliver Diggle het 'n ander voorspelling.
2 Dec 11PM 1 min

Kenner sê oor koalisies wat in 24 owerhede gestig moet word

In 24 plaaslike owerhede het geen politieke party 'n volstrekte meerderheid gekry in die verkiesings nie, en koalisie-groeperings is hul voorland. Dit sluit in Swakopmund, Keetmanshoop, Tsumeb, Grootfontein, Ondangwa en Gobabis. In Windhoek het Swapo 'n volstrekte meerderheid gekry, na 'n paar jaar van koalisie-rade wat soms beskryf is as…
2 Dec 11PM 1 min

Pomp-diefstal: Landbou sê sy hande is afgekap

Die landbouministerie sê sy hande is afgekap wat die toenemende diefstal van waterpompe betref, aangesien die sake nou in die hande van die polisie is. Dit is te midde van berigte dat ses waterpompe in 72 uur gesteel is op plase in die Kunene-streek. Woordvoerder Simon Nghipandulwa het in gesprek…
2 Dec 11PM 1 min

NNN bepleit vir veilige paaie oor vakansie-seisoen

President Netumbo Nandi-Ndaitwah, in haar hoedanigheid as beskermheer van padveiligheid in Namibië, vra vir verhoogde waaksaamheid op die paaie gedurende die feestyd.Die president se pleidooi kom nadat 2 793 padongelukke van Januarie tot middel November aangeteken is, wat gelei het tot 431 sterftes en 4 565 beserings. ’n Noodlottige ongeluk…
2 Dec 10PM 1 min

Geen uitsluitsel na Moskou-gesprekke nie

Russiese president Vladimir Putin en 'n Amerikaanse afvaardiging wat bestaan uit president Donald Trump se spesiale gesant, Steven Witkoff, en Trump se skoonseun en raadgewer Jared Kushner, het Dinsdag in Moskou samesprekings begin hou oor 'n gewysigde vredesplan vir Oekraïne. Die Oekraïnse president Volodymyr Zelensky het gesê 'n paar punte…
2 Dec 10PM 1 min

Napha hou jaarvergadering, president Cramer tree uit

Die 51ste Napha jaarlikse vergadering het afgeskop in die hoofstad met jagters en internasionale belangstellendes wat die geleentheid vandag en môre bywoon. Axel Cramer, die president van die organisasie, gaan vanjaar die tuig neerlê, terwyl die volgende president nog aangekondig moet word. Cramer het die openingstoespraak by die byeenkoms gelewer.
2 Dec 10AM 1 min

Spoortoerisme blink uit in Wes-Kaapse nis-toerismeveldtog

Die Wes-Kaapse regering sê nis-toerisme is 'n katalisator vir ekonomiese groei en werkskepping en spoortoerisme is besig om na vore te tree as een van die opwindendste geleenthede. Die sektor het in 2023 na raming 28,6-miljard Suid-Afrikaanse rand in brutowaarde tot die provinsiale ekonomie bygedra en meer as 257 000…
2 Dec 10AM 1 min

Hardap Nasionale Park het nou splinternuwe patrolliekamp

Die omgewingministerie het in vennootskap met Namdeb 'n nuutgeboude patrolliekamp vir Wildbeskermingsdienste in die Hardap Nasionale Park ingewy. Die patrolliekamp is daarop gemik om die voorkoming van wildmisdaad te versterk, reaksie op voorvalle te verbeter en moniteringspogings binne die park te versterk. Nande Nickanor, Namdeb se omgewingsbestuurder, het met Kosmos…
2 Dec 9AM 1 min

Regering kry kritiek oor houding oor kolonialisme

Die regering word gekritiseer nadat die minister van internasionale betrekkinge, Selma Ashipala-Musavyi, 'n kragtige internasionale oproep tot geregtigheid oor koloniale misdade gelewer het, terwyl die regering se houding tuis 'n heel ander storie vertel. By 'n wêreldkonferensie in Algiers het Ashipala-Musavyi geëis dat die wêreld uiteindelik die gruweldade van die…
2 Dec 9AM 1 min

Belanghebbendes kan nou insette lewer oor Starlink-lisensie

Die Kommunikasie Reguleringsowerheid van Namibië, Cran het 'n opdatering uitgereik van die proses wat met Starlink se lisensie-aansoek verband hou. Die lisensiebod is volledig op 28 November in die Staatskoerant gepubliseer en belanghebbendes het die geleentheid om insette te lewer voor Vrydag, 12 Desember. Cran se woordvoerder, Mufaro Nesongano, gee…
2 Dec 9AM 1 min

Engeland kies Will Jacks in beseerde Wood se plek

Krieket: Engeland het slegs een verandering aan sy span aangebring vir die tweede toets om die As wat Donderdag in Brisbane begin, met die veelsydige Will Jacks wat die beseerde Mark Wood vervang. Die 27-jarige het nog slegs twee toetse gespeel, albei tydens 2022 se toer in Pakistan waarin hy…
2 Dec 8AM 1 min

SA ekonomie groei 0,5% in 3de kwartaal

Statistieke Suid-Afrika sê die ekonomie het tussen Julie en September met 0,5-persent gegroei. Dit was hoofsaaklik te danke aan handel, mynbou, finansies, regeringsdienste en landbou. Invoere het egter vinniger as uitvoere gegroei, wat groei effens vertraag het. Huishoudings het meer bestee aan vervoer, voedsel en behuising, wat gehelp het om…
2 Dec 8AM 1 min

Reis so met gevaarlike litiumbatterye in toestelle

Met die vakansie op hande neem reis toe en vakansiegangers bring hulle skootrekenaars, selfone en tablette saam. Die toestelle werk met litium batterye wat 'n ernstige veiligheidsrisiko kan inhou as dit nie veilig vervoer word nie. Daarom het die Internasionale Lugvervoer-vereniging 'n veldtog geloods het vir bewusmaking van hoe om…
2 Dec 7AM 1 min

SAKP bly by besluit om onafhanklik in verkiesings te staan

Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê hulle kon nie die SAKP oorreed om sy besluit te heroorweeg om onafhanklik aan volgende jaar se plaaslike verkiesing deel te neem nie. Die SAKP sê dis omdat die ANC versuim om hom tot die hersamestelling van die alliansie te verbind. Die ANC…
2 Dec 7AM 1 min

Kaapstad: 'n Kwart van arrestasies is dronkbestuur

Die Stad Kaapstad se wetstoepassingsagentskappe het die afgelope week het 387 mense in hegtenis geneem, teenoor 355 die vorige week. 'n Kwart van die inhegtenisnemings was vir dronkbestuur. Die Openbare Noodkommunikasiesentrum het ook 'n toename van 50-persent in aanrandings aangeteken. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê om…
2 Dec 5AM 1 min
380 – 400