Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
2320 – 2340

Voertuigverkope tel spoed op

Namibië se voertuigmark toon sterk tekens van herstel. Verkope in Augustus het 26,7 persent jaar-op-jaar gestyg, met altesaam 1 261 voertuie wat van die hand gesit is. Simonis Storm-ekonoom Almandro Jansen sê egter daar is risiko's wat voortgesette momentum kan beïnvloed. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
18 Sep 6AM 1 min

Digitale bankbedrog meer as verdubbel in SA

FNB sê die gevaar van digitale bankbedrog neem toe terwyl Suid-Afrikaners die laaste deel van die jaar aanpak en besteding toeneem. Volgens die Suid-Afrikaanse Bankbedrog-inligtingsentrum het voorvalle van digitale bankbedrog toegeneem van 31 000 in 2023 tot 64 000 verlede jaar. Chris Boxall van FNB sê swendelaars word al meer…
18 Sep 5AM 1 min

Kirk-moord: Obama maan teen 'ongekende politieke krisis'

Die voormalige Amerikaanse president Barack Obama waarsku in die nasleep van die moord op Charlie Kirk teen 'n “politieke krisis van die soort wat die land nog nie vantevore gesien het nie”. Tydens 'n geleentheid in Erie, Pennsylvanië, het Obama gesê dat hy Kirk nie geken het nie en nie…
18 Sep 5AM 1 min

Vakbond pleit vir verligting by Reserwebank

Cosatu het die Suid-Afrikaanse Reserwebank dringend versoek om die repokoers te verlaag vir 'n blaaskans aan miljoene werkers wat sukkel om weens die stygende lewenskoste te oorleef. Die Reserwebank het sedert die aanvang van die siklus van koersverlagings verlede September koerse kumulatief met 125 basispunte verlaag, en daarmee die terugkoopkoers…
18 Sep 5AM 1 min

EU soek sanksies teen Israel én Hamas

Die Europese Kommissie beplan om handel met Israel te beperk en sanksies in te stel teen sogenaamde ekstremistiese ministers in sy regering. Die voorstel moet deur die meerderheid van die Europese Unie se 27 lidlande aanvaar word, maar sal waarskynlik teenstand kry, veral van Duitsland en Italië. Die EU is…
18 Sep 5AM 1 min

LPM bevraagteken Jeugontwikkelingsfonds se vereistes

Die LPM se jeugkommando beskryf die Nasionale Jeugontwikkelingsfonds as 'n progressiewe en potensieel transformerende inisiatief, maar het die bekendstellingsfase daarvan gekritiseer. Die jeugkommando se leier, Duminga Ndala, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê met die huidige kriteria en gebrek aan duidelike inligting, loop baie jongmense die risiko om uitgesluit te…
18 Sep 4AM 1 min

Aanklaers in SA toenemend geteiken

Die minister van justisie en grondwetlike ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê die wreedaardige moorde op aanklaers is 'n gruwelike aanval op die regstelsel en die oppergesag van die reg. Die minister sê vyf aanklaers is die afgelope vyf jaar in die Wes-Kaap, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap doodgeskiet. Kubayi sê hierdie aanvalle…
18 Sep 4AM 1 min

Uvhungu-Vhungu se uier bly kurkdroog

Vir meer as 16 jaar is die Uvhungu-Vhungu-melkplaas 'n dormante wit olifant wat nog nie 'n druppel melk geproduseer het nie, ten spyte van verskeie duur herlewingspogings. Dit was 'n hete onderwerp in die parlement, waar wetgewers antwoorde geëis het. Landbouminister Inge Zaamwani, wat vroeër vanjaar die amp opgeneem het,…
18 Sep 3AM 1 min

Gholf: SA se Van Niekerk, Mack gee pas aan by Sunbet Challenge

Die Suid-Afrikaners Danie van Niekerk en James Mack het die pas aangegee met rondes van vier onder baansyfer 67, en loop gesamentlik voor na die eerste ronde van die Sunbet Challenge by die Umhlali-buiteklub in KwaZulu-Natal. Hulle is een hou voor hul landgenoot, Lyle Rowe, en Eric Wowor van Indonesië…
18 Sep 2AM 1 min

Madlanga-kommissie: KZN-polisiekommissaris getuig teen polisieminister

Die polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi, het voor die Madlanga-kommissie van ondersoek in Pretoria getuig dat die minister van Polisie, Senzo Mchunu, ten volle betrokke is by kriminele sindikate. President Cyril Ramaphosa het Mchunu in Julie op onmiddelike verlof geplaas oor bewerings dat hy met sindikate saamwerk en by hoë…
18 Sep 1AM 1 min

Fed verlaag rentekoerse in Amerika

Amerika se Federale Reserwe het rentekoerse Woensdag met 25 basispunte verlaag, die eerste verligting sedert Desember. Die goewerneur van die Fed, Jerome Powell, het die verlaging veral aan ‘n verswakking in die arbeidsmark toegeskryf en gesê nóg koersverlagings kan later vanjaar volg.
18 Sep 1AM 2 min

EU staan bankvas agter Namibië se groennywerheid

Die Europese Unie het Namibië opnuut verseker dat dit die land se groennywerheidagenda ondersteun en gesê een miljard euro is hiervoor opsy gesit. Die EU se kommissaris van internasionale vennootskappe, Jozef Sikela, vergesel van ander hoëlui uit dié magsblok, besoek Namibië tans. Hulle het Woensdag ‘n welwillendheidsbesoek aan president Netumbu…
18 Sep 1AM 1 min

Aktivis Ben Freeth saal weer SOAG-perd op

Die Zimbabwiese boer en aktivis Ben Freeth is terug op sy perd. Ná 'n simboliese perdryreis van 2 400 km na die SAOG-tribunaal in 2024, het Freeth hierdie week na Windhoek teruggekeer en die gebed wat hy aan die deur vasgespeld het, steeds onaangeraak gevind. Nou ry hy na Kaapkruis…
18 Sep 1AM 1 min

Agribank help graanboere in Zambezi

Agribank het ‘n nuwe akkerboupakket vir graanboere op Katima Mulilo van stapel gestuur, waarmee boere saad, kunsmis, toerusting en water-infrastruktuur kan bekom. Die pakket gaan na verwagting binnekort ook na Rundu uitgebrei word. Agribank se waarnemende bestuurder in Zambezi, Etuhole Ingo, het meer:
18 Sep 12AM 1 min

DA eis antwoorde oor 'roekelose besluite' oor sport, kultuur

In Suid-Afrika gaan die DA die minister van sport, kuns en kultuur, Gayton McKenzie, in die parlement uitvra oor sy departement se mislukkings, soos wanbestuur en roekelose finansiële besluite. Die party sê kultuurfeeste en grondvlaksport het gely nadat 82 miljoen Suid-Afrikaanse rand van sportfederasies herlei is om video-assistent-skeidsregter-tegnologie in sokker…
17 Sep 11PM 1 min

Britse koningshuis rol rooi tapyt uit vir Trump

Internasional het Brittanje omtrent die rooi tapyt uitgerol vir Amerikaanse president Donald Trump op sy tweede staatsbesoek, met 'n koninklike banket wat Donderdagaand by Windsor-kasteel gehou is. Dit volg op 'n koetsrit saam met Koning Charles deur die Windsor-landgoed, nadat Trump en sy vrou, Melania, deur die prins en prinses…
17 Sep 11PM 1 min

IKT-sektor aan die verander, wys data

Namibië se IKT-sektor is aan die beweeg, met nuwe data van die Kommunikasie-reguleringsowerheid, Cran, wat belangrike verskuiwings regoor die bedryf onthul. Die verslag beklemtoon die bestendige afname van tradisionele kommunikasiedienste. Terselfdertyd het kuberveiligheidsdreigemente meer as verdubbel, gedryf deur aanvalle wat op laekoste-Android-toestelle gemik is. Belegging in die sektor het skerp…
17 Sep 11AM 1 min
2320 – 2340