Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
1440 – 1460

Midde-Ooste: Namibië moet nuwe markte vind vir energiesekerheid

Petrolpryse vir Maart is Vrydag as onveranderd aangekondig, ‘n dag voor die oorlog in die Midde-Ooste uitgebreek het. Kosmos 94.1 Nuus het met Abednego Ekandjo, petroleum ekonoom in die energie-ministerie gepraat. Hy sê die ministerie is uiters bekommerd oor die gebeure in die Midde-Ooste en nuwe markte sal ondersoek moet…
2 Mar 4AM 1 min

Chemoterapie nou beskikbaar aan die kus

Die Kankervereniging van Nambië het 'n chemoterapiesentrum by die Walvisbaai-staatshospitaal oorhandig. Dit beteken kuspasiënte hoef nie meer na Windhoek te reis vir kankerbehandeling nie. Swakop Uranium het meer as 2 miljoen Namibiese dollar vir die fasiliteit bygedra. Die vereniging se uitvoerende hoof Rolf Hansen het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
2 Mar 4AM 1 min

E-geldstelsel ontvang steun van Shafudah

Namibië se finansiële landskap is gereed vir 'n geskiedkundige verskuiwing, met Instant Payments Namibia wat sterk steun van finansminister Erica Shafudah vir die land se eerste vinnige e-geldstelsel geniet. Marsorry Ickua, hoofbedryfsbeampte van Instant Payments Namibia, sê dié skuif sal kontantuitbetalings aan maatskaplike toelaes uitfaseer.
2 Mar 4AM 1 min

Namcor kry nuwe, waarnemende hoof

Namcor het 'n leierskapsoorgang aangekondig. Maureen Hinda-Mbuende se ampstermyn as tussentydse besturende direkteur het verstryk, en Mtundeni Ndafyaalako is aangestel as die nuwe waarnemende besturende direkteur, effektief vanaf 1 Maart, hangende die aanstelling van 'n permanente hoof. Namcor-woordvoerder Utaara Hoveka:
2 Mar 3AM 1 min

GOOD sê minimumloon is nie geregtigheid nie

Die GOOD-party sê Suid-Afrika se minimum loon is nie geregtigheid nie. Die land se minimumloon het van 1 Maart van 28- Suid-Afrikaanse rand-79 sent tot 30 rand-23-sent per uur gestyg. Die sekretaris-generaal van Good, Brett Herron, sê 'n vrou kan 40 uur per week werk, huise skoonmaak, ander mense se…
2 Mar 3AM 1 min

Namibië se jong bevolking is voordelig vir aftrede

Finansiële beplanning en slim belegging word toenemend belangrik in 'n wêreld wat gekenmerk word deur ekonomiese onsekerheid en veranderende markte. By die onlangse Alexforbes Namibië Beleggingsbestemmingseminaar het kenners die behoefte beklemtoon om veerkragtige portefeuljes te bou wat by verandering kan aanpas. Nancy Maphosa, bemarkingsbestuurder by Alexforbes, het aan Kosmos 94.1…
2 Mar 3AM 1 min

Midde-Ooste: Kenner waarsku oor langdurige konflik

'n Senior navorser van die Mapungubwe Institute for Strategic Reflection, Na'eem Jeenah, sê die VSA kan nie vertrou word om sy beloftes na te kom nie, aangesien die Midde-Oosterse konflik toeneem. Jeenah waarsku in 'n onderhoud met Newzroom Afrika dat vergelding deur Iran na verwagting in die komende dae sal…
2 Mar 3AM 1 min

Guterres waarsku teen uitbreiding van oorlog

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê die Amerikaans-Israeliese aanvalle teen Iran, en Teheran se wraakaanvalle teen talle lande in die Midde-Ooste, hou ’n ernstige bedreiging vir internasionale vrede en veiligheid in. Ongevalle is in Iran, Israel, Dubai, Koeweit, Doha en Bahrein aangemeld. Intussen het drie Amerikaanse soldate tydens…
2 Mar 2AM 1 min

Nog 1,5 miljoen dosisse BKS-entstof kom in SA aan

Die minister van Landbou, John Steenhuisen, sê die landwye massa-inentingsveldtog teen bek-en-klouseer het begin nadat die besending entstof in die land aangekom en viinnig versprei is. Die eerste groot besending van een-miljoen dosisse entstof van Biogenesis Bagó in Argentinië, het op 21 Februarie in Suid-Afrika aangekom. Steenhuisen sê nóg 1,5-miljoen…
2 Mar 2AM 1 min

Onseker oor wat Iran se plan is na opperleier se dood

Wêreldwye reaksie stroom in ná berigte dat Iran se opperleier, Ajatollah Ali Khamenei, in gesamentlike aanvalle deur Israel en die VSA dood is, met verskeie regerings wat selfbeheersing aanmoedig midde vrese vir wyer streekskonflik en ekonomiese gevolge. Terwyl die Namibiese presidensie aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig het dat geen amptelike…
2 Mar 1AM 1 min

Macpherson moet Brasilië reiskostes terugbetaal

ActionSA het die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, versoek om 839 000 Suid-Afrikaanse rand terug te betaal wat bestee is aan 'n reis na Brasilië, waarheen hy na bewering sy lewensmaat geneem het ondanks regsadvies daarteen. Malebo Kobe van die party sê die jongste berig deur City…
2 Mar 1AM 1 min

Trump waarsku oor verdere Amerikaanse ongevalle

President Donald Trump sê daar sal waarskynlik nog Amerikaanse ongevalle wees as deel van Operasie Epic Fury in Iran. Drie Amerikaanse soldate is tydens die operasie dood en vyf ander is ernstig gewond. Iran se opperleier Ali Khamenei is Saterdag in gesamentlike aanvalle deur Amerika en Israel dood. Iran het…
2 Mar 12AM 1 min

SA se Jarvis vat SA Ope, bespreek plek in Meesters, Britse Ope

Die plaaslike gunsteling, Casey Jarvis, het die Suid-Afrikaanse Ope in Stellenbosch met drie houe gewen en agtereenvolgende Europese Toer-seges behaal nadat hy verlede Sondag ook die Keniaanse Ope gebuit het. Die 22-jarige Jarvis het drie onder 67 in die laaste ronde aangeteken. Die Spanjaard Francesco Laporta, Frederic Lacroix van Frankryk…
2 Mar 12AM 1 min

Olie styg, mark is uiters onstabiel en onseker

Ná die Amerikaanse en Israeliese militêre aanvalle op Iran die naweek, staal die wêreld se oliemarkte hulle vir 'n skerp prysstyging. Ontleders sê Brent-ru-olie kan vandeesweek met 9 persent tot 10 persent styg, wat pryse tot 80 Amerikaanse dollar per vat kan opstoot. Kenners waarsku dat onsekerheid hoog bly oor…
1 Mar 11PM 1 min

Reaksie op studie wat bevind meer welstand, meer geestesgesondheid uitdagings

Reaksie word ontvang oor die 2025 Globale Geestesgesondheidsverslag deur Sapien Labs wat bevind het dat jongmense in hoë-inkomstelande meer met hul geesteswelstand sukkel as die jeug in baie ontwikkelende streke. Faktore sluit in vroeër toegang tot slimfone, diëte wat baie ultra-verwerkte voedsel bevat, spiritualiteit en gesinsbande. Kosmos 94.1 Nuus het…
1 Mar 11PM 1 min

Starlink sê hy sal nie mark oorheers nie

Terwyl die Namibiese mededingingswaghond steeds oorweeg of Starlink-dienste in die land toegelaat moet word, dring voorstanders daarop aan dat die regering die regte besluit maak. Starlink sê opvattings dat hul teenwoordigheid in Namibië in ‘n monopolie sal ontaard en die verbruikersmark negatief sal beïnvloed, is ‘n mite. Volgens Starlink sal…
1 Mar 11PM 1 min

Cosatu verwelkom tariefverligting aan twee myne

Cosatu het Eskom se voorgestelde elektrisiteitstariefverligting van 62 sent per kilowatt-uur vir Samancor Chrome en Glencore-Merafe verwelkom. Die vakverbond sê die vyfjaar-ingryping kan afleggings voorkom en duisende werkgeleenthede beskerm. Woordvoerder Matthew Parks sê sodra dit deur die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika goedgekeur word, kan die ooreenkoms help om smelters te…
1 Mar 10PM 1 min

Die Gladiators is die Cosafa-vrouekampioene

Die Brave Gladiators het Sondagaand geskiedenis gemaak deur vir die eerste keer ooit die Cosafa-vrouesokkerkampioenskap te wen. Namibië se nasionale span het Suid-Afrika se Bayana Bayana in Polokwane met 2-1 verslaan, met die wendoel wat in ekstra tyd aangeteken is. Cosafa, die Raad vir Sokkerverenigings in Suider-Afrika, se mediaspan het…
1 Mar 10PM 1 min

UDM wil steun in Oos-Kaap herbou

Die UDM sê hy is vol vertroue dat die party steun in die Oos-Kaap sal herbou voor die plaaslike regeringsverkiesing later vanjaar. Leier Bantu Holomisa het in 'n toespraak voor die party se provinsiale raad in Mthatha, planne vir hernuwing uiteengesit en die belangrikheid van koalisiebestuur beklemtoon. Hy sê die…
1 Mar 5AM 1 min
1440 – 1460