Die Verenigde Nasies sê die oorlog in Soedan kom neer op versuim om internasionale reg te beskerm. Soedannese rebelle het regeringsmagte uit El Fasher verdryf wat die laaste vesting van die land se regime in die westelike Darfoer-streek was. Na raming is meer as 150 000 mense weens die konflik…
Adjunkpresident Paul Mashatile sê die bemagtiging van kleinskaalse en voorheen benadeelde boere is die sleutel tot die transformasie van die landbousektor. Mashatile het in antwoord op vrae in die Nasionale Vergadering gesê die regering se voortgesette grondhervorming en die vrystelling van staatsgrond toon sy verbintenis om opkomende swart boere te…
Daar is bronne in die Amerikaanse weermag wat aan internasionale nuusagentskappe gesê het dat die aanvalle op verskeie bote in die Stille Oseaan, sowel as die opbou van Amerikaanse magte in Puerto Rico en die vragskip Gerald Ford wat ook op pad is, handel oor Nicolas Maduro se regering in…
Die reënseisoen blyk om in volle swang te wees met storms wat aangemeld word en naby Abenab het boere tot 100mm in een bui ontvang terwyl storms verwoesting gesaai het op Aranos. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Elias Aiyambo, die hoof-weerkundige by die Namibië metereologiese diens, wat die reënvoorspelling…
Daar is groot kommer in die buurland oor studente wat die fondse wat hulle van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente kry, misbruik om aanlyn te dobbel. Wisselvallige betalings van die hulpskema word gedeeltelik hiervoor blameer. Plaaslik sê Unam hulle het nog geen verslae ontvang dat dit hier gebeur nie…
Opdaterings kom in na 'n kragtige donderstorm Woensdag deur Aranos geskeur het. Ongeveer 200 inwoners bly ontheem terwyl herstelpogings voortduur. Kosmos 94.1 Nuus het met Aranos-kiesafdelingraadslid Salomon Boois gepraat, wat sê 'n ramprisikoverslag word saamgestel om te bepaal hoe om slagoffers die beste te help. Intussen staan die gemeenskap saam…
Die DA het 'n aansoek ingedien ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting om die Polisiediens en waarnemende minister Firoz Cachalia te dwing om die lank-uitstaande misdaadstatistiek vir die kwartaal tussen Januarie en Maart vry te stel. Die DA se woordvoerder oor polisie, Lisa Schickerling, sê ondanks…
Die Amerikaanse president Donald Trump het die weermag gelas om onmiddellik toetse van Amerikaanse kernwapens te hervat ná 'n 33-jaar gaping. Die bevel is minute voor die aanvang van 'n vergadering met die Chinese president Xi Jinping uitgereik. Trump het gesê hy het die Pentagon opdrag gegee om die Amerikaanse…
Die Swapo-parlementslid Tobie Aupindi het die parlement versoek om te besluit of Namibië by BRICS moet aansluit. Aupindi sê dat Brics-lidmaatskap ekonomiese groei sal bevorder, beleggings sal lok en internasionale samewerking sal verbeter. Hy het in die Nasionale Vergadering gepraat.
ActionSA sê sy voorgestelde grondwetlike wysiging om adjunkministers af te skaf, is weer in die parlement geldig bewys. Matthew George van die party sê tydens die parlementêre ad hoc-komitee se sitting Dinsdag het die adjunkminister van Polisie, Cassel Mathale, erken dat geen verantwoordelikhede aan hom jaar toegeken is nie en…
NamPost het kennis gegee dat geen maatskaplike toelaes voor 3 November betaal sal word nie, want dit is wanneer die betalingsiklus begin. Die maatskappy het ook die datums bekendgestel wanneer betalings gemaak sal word. Begunstigdes kan al die datums op die NamPost sosiale media blaaie kry. Kosmos 94.1 Nuus het…
Namibië het amptelik sy Euro-verpligting van 750 miljoen Amerikaanse dollar, sowat 13,5 miljard Namibiese dollar, terugbetaal. Rondom 6 miljard Namibiese dollar, sowat 40 persent van die skuld, is geleen van plaaslike banke wat ‘n impak kan hê op privaatsektor kredietverlening. Die Cirrus ekonoom Robert McGregor verduidelik.
Die Suid-Afrikaanse rand het versterk tot net bo 17 teenoor die Amerikaanse dollar nadat Suid-Afrika van die Finansiële Aksietaakmag se gryslys verwyder is. Die ontwikkeling volg op die Amerikaanse Federale Reserweraad se besluit om sy maatstafkoers te verlaag met 25 basispunte, wat vraag na die Amerikaanse geldeenheid afdwing en dus…
Die onderwysministerie word aangespoor om 'n holistiese blik op die land se huidige vaardigheids- en arbeidsbehoeftes te neem. Mede-ekonomiedosent by Unam, professor Denis Yuni, sê 'n omvattende assessering sal help om Namibië se groeiende vaardigheidsgaping te oorbrug en te verseker dat onderwys en opleiding beter in lyn is met werklike…
Die Amerikaanse regering se sluiting is nou in sy vyfde week. Die mees kritieke element is die sperdatum vir SNAP, die voedselkoepon-program vir 42 miljoen armoedige Amerikaners. Die befondsing sal op 1 November opraak. Maar, die Republikeine en Demokrate wys vinger na mekaar, terwyl die president reis. Die leier van…
Namibië berei voor om die Tweede Wêreldberaad vir Maatskaplike Ontwikkeling by te woon. Dit sal van 4 tot 6 November in Doha, Katar, gehou word. Die beraad sal wêreldleiers byeenroep om hul verbintenisse tot maatskaplike ontwikkeling te hernu, met die fokus op armoede-uitwissing, volle en produktiewe indiensneming, en maatskaplike integrasie…
30 Oct 8AM
1 min
1220 – 1240
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.