100.5FM Radio Laeveld 100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

As dit op 100.5FM Radio Laeveld in Mpumalanga was kan jy dit hier op jou gemak weer luister.
Occasionally Afrikaans South Africa Music · News
1,176 Episodes
680 – 700

Jong krieketspeler ingesluit in nasionale span

Die plaaslike tiener, Nicolas Grobler, is ingesluit in die o.17 SA-span wat in September en Oktober aan die 2023 Junior Wêreld-reeks vir Binnehuise Krieket in Dubai gaan deelneem. Dié Hoërskool Nelspruit-leerling kuier by Gerhardt en Andri in die ateljee.
18 May 2023 12 min

Laser Run SA's volgende maand in die Laeveld

Vir die eerste keer in hoe lank word die nasionale kampioenskappe van 'n sport in die Laeveld aangebied: Op 24 Junie vind die SA's van Laser Run by Mankele plaas. Dié sport val onder Moderne Vyfkamp. Johan Matthysen gesels met Ludi en Mireille.
18 May 2023 17 min

SAWD: Normale wintertemperature vanjaar vir die Laeveld voorspel

Dit gaan die week nog koud wees, en hoewel die hewige donderstorms in die Hoëveld ongewoon is vir hierdie tyd van die jaar, behoort dit nie ‘n besonders kouer winter in die Laeveld te wees nie. Weervoorspeller, Lehlohonolo Thobela, sê die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) verwag bogemiddelde minimum en maksimum temperature…
16 May 2023 4 min

Laeveld Lugskou: Lugvaartpionier Scully Levin

Scully Levin, die lugvaartpionier, is Saterdag in aksie by die Laeveld Lugskou wat vir die eerste keer sedert die Covid-19-pandemie weer aangebied word. Kaartjies is vanmiddag buite Crossing SUPERSPAR beskikbaar tussen 13:00 en 19:00. Kaartfasiliteite sal beskikbaar wees. Hy gesels met Ludi en Mireille oor kunsvlieg.
12 May 2023 13 min

Pumas wil tuis wen teen die Haaie

Die Airlink Pumas is vandag gasheer vir die Haaie in die Curriebeker by Mbombela-stadion. Met vyf rondes oor lê die Cheetahs bo die Pumas op die punteleer met twee punte. Jimmy Stonehouse, hoofafrigter; Louis Janse van Rensburg, kondisioneringsafrigter; en Marius van Rensburg, uitvoerende beampte het in die ateljee kom kuier…
12 May 2023 13 min

Wegbreek Woensdag: Gaan kamp hierdie winter

Die winter is 'n wonderlike tyd van die jaar om in die Laeveld te gaan kamp. Tanya Nel, die voorsitter van die Laeveld-tak van die Karavaanklub van Suid-Afrika, deel haar advies met Charles.
11 May 2023 16 min

Ontwerp ’n Innibos T-hemp

Laerskoolleerlinge is genooi om vanjaar die amptelike Innibos fees T-hemp te ontwerp. Bemarkingsbestuurder, Sandra Jacobs, verduidelik hoe werk dit.
11 May 2023 11 min

Juniorrugby is gesond in Mpumalanga

Die Mpumalanga Laerskole Rugby-vereniging werk hard om o.12 en o.13-spelers die geleentheid te bied om provinsiaal mee te ding. Beide spanne het in 2022 baie goed gevaar. Gerben Janse van Rensburg gesels met die Verkas-span.
10 May 2023 16 min

Tekort aan slangteengif in SA: Wat dit beteken

Daar is 'n ernstige tekort aan slangteengif in die land. Chris Hobkirk van Lowveld Venom Suppliers verduidelik vir Charles wat proses is om die teengif te vervaardig en wat die tekort vir jou beteken.
9 May 2023 15 min

Voëls van anderse vere die naweek by i'langa te sien

Die Oostelike streek van die Suid-Afrikaanse Sierduif-vereniging hou Saterdag by i'langa Mall weer hul jaarlikse skou. Die verskeidenheid voëls beloof om die publiek stom te slaan. Jan Labuschagne gesels met Charles.
9 May 2023 15 min

Babette oorkom borskanker om weer te begin sing

Die sangeres Babette was in 2020 maar 32 jaar oud, en met geen geskiedenis van borskanker in haar familie nie, toe drievoudige negatiewe borskanker by haar gediagnoseer is. Sy deel haar inspirerende storie met ons.
8 May 2023 10 min

BoxofTrix wemel van plaaslike talent

Mason Schwulst speel die titelrol in Boxoftrix - The Musical. Dit is vanaf Woensdag by die Barnyard Theatre in Casterbridge op die planke met skitterende plaaslike talent. Schwulst het saam met Felicia Lemmer by Amanda in die ateljee kom kuier.
8 May 2023 10 min

NHS hou revue

Dit is revue-week by Hoërskool Nelspruit. Konsertgangers kan uitsien na tydlose treffers op die maat van energieke dansers en sangers. Wat beteken Aeternum? Kom vind uit by NHS se 27ste revue. Ester de Kock en Berno Venter het in die ateljee kom gesels oor vanjaar se produksie.
8 May 2023 10 min

Kirkwood: 'Ons skuld onsself 'n goeie wen'

Die Airlink Pumas speel môre om 13:00 by Nelspruit Rugbyklub teen die Griffons. Kaptein, Shane Kirkwood, sê die span skuld hulself 'n goeie vertoning. Hy en hulpafrigter, Riaan Lamely, het in die ateljee kom kuier.
5 May 2023 7 min

Wesna skop nuwe avontuur af

Die sangeres Wesna het onlangs 'n splinternuwe avontuur begin wat sy aanroer in haar jongste enkelsnit, Avontuur. Sy gesels met Sonop Ontbyt.
4 May 2023 6 min

Hoekom jy professionele loodgieters moet gebruik

Loodgieters verrig een van die belangrikste take: Hulle verseker die belangrikste hulpbron van alles (water) word veilig vervoer. Die Plumbing Industry Registration Board (PIRB) is tans op toer in Mpumalanga om mense bewus te maak van die belangrikheid daarvan om professionele loodgieters aan te stel. Rendani Tshivhula gesels met die…
4 May 2023 11 min

Plaaslike talent skryf in vir die Kontrak 3

Twee plaaslike kunstenaars, Sais du Plooy en Tiffany Steyn, het vanjaar ingeskryf vir Die Kontrak 3. Hulle sal môre weet of hulle gekies is om deel te wees van die seisoen - maar sal niks mag verklap voor die uitsendings op televisie begin nie. Hulle gesels met Sonop Ontbyt oor…
4 May 2023 9 min

Hou op met dieet en geniet eerder die proses

Megan Andersen sê sy was, soos verskeie ander mense, ook vasgevang in die siklus van hoe 'n mens moet lyk om in te pas of geliefd te wees. Met Nutritiously Naked probeer sy ander help om ook daardie kringloop te breek. Sy gesels met die Verkas-span oor haar nuwe benadering…
3 May 2023 6 min
680 – 700